ATKV-Oorde
    Algemeen
    Lidmaatskap
    Nuusvrystellings
    ATKV-Projekte
    Hoezit!
    ATKV-Takke
    Taalgenoot • TG
    ATKV-Taaldiens
    LAPA Uitgewers
    ATKV-Jeuginstituut
    ATKV-Nuusbrief
    Spesiale Aanbiedinge
 
ATKV-nuusbrief subskripsie
Naam :
E- Pos :
Opsioneel:
Lidnommer :
 

Nuusvrystellings

  • JONG TALENT ONTPOP BY AARDKLOP!
    31/08/2010
    Vanaf 28 September tot 2Oktober ding tien uiteenlopende tonele van tien nasionale streeksfeeste teen mekaar mee vir die titel van ATKV-Tienertoneel wenners op die verhoog van Laerskool President Pretorius, as deel van die jaarlikse Aardklop.
    Lees meer

  • ATKV koöpteer twee bekendes in Afrikaanse kringe
    26/08/2010
    DIE ATKV het pas twee bekende kampvegters vir Afrikaans en Afrikaanse kultuur in sy direksie aangestel. Prof Edna van Harte, tans dekaan van die Universiteit van Stellenbosch se fakulteit vir Militêre Wetenskap aan die Militêre Akademie in Saldanha, en mnr Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) is as nie-uitvoerende lede van die direksie ge- koöpteer.
    Lees meer

  • PENDORING-BEOORDELAARS KEN HUL VAK
    20/08/2010
    ‘n Span top-reklameskeppers en -spesialiste is vanjaar in die paneel opgeneem om die inskrywings vir die 16e jaarlikse Pendoring-reklametoekennings vir voortreflike Afrikaanse reklame te beoordeel.
    Lees meer

  • DIE ATKV - 80 JAAR OUD OP 19 AUGUSTUS 2010
    17/08/2010
    Mnr. Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, vertel dat die ATKV op 19 Augustus 1930 deur twaalf werknemers van die destydse Spoorweë & Hawens gestig is as die “Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (SAS & H)”, met Sybie van der Spuy as die eerste voorsitter.
    Lees meer

  • ATKV-AKTIWITEITE GEMIK OP UITBOU VAN AFRIKAANS
    16/08/2010
    “Ons is saam met talle ander Afrikaanssprekendes besorg oor die stand van Afrikaans in die land en poog om deur die aksies wat die ATKV op verskillende vlakke in die gemeenskap loods, die taal te ondersteun, te versterk en uit te bou.”
    Lees meer

  • HUISGENOOT MAAK DIEP BUIGING AS GOUE PENDORINGBORG
    05/08/2010
    HUISGENOOT, SA se grootste en gewildste gesinstydskrif, staan vanjaar bankvas agter die Pendoring Afrikaanse Reklametoekennings (Pendoring).
    Lees meer

  • ATKV-TAK PRETORIA-OOS VEREER MUSIKANT EN LIEDJIESK
    05/08/2010
    Die ATKV wil graag op ‘n meer persoonlike vlak met sy lede en ander belangstellendes kennis maak en terselfdertyd meer kultuurliefhebbers by die werksaamhede van die ATKV se 266 takke betrek. Die nuwe besturende direkteur, Japie Gouws, sal dus op 13 November 2009 as een van die sprekers optree by ‘n spesiale kuiergeleentheid. Dit sal plaasvind om 19:00 vir 19:30 by die Silver Lakes Gholflandgoed in Pretoria.
    Lees meer

  • LAPA MAAK SY MERK IN DIE EBOEK-MARK
    05/08/2010
    LAPA se eerste 25 eBoeke kan nou op Kalahari.net aangekoop word. Boeke deur bekroonde skrywers soos Jaco Jacobs, François Bloemhof en Paul C Venter word nou deur LAPA Uitgewers in eBoek-formaat beskikbaar gestel.
    Lees meer

  • ADS24 WEER BANKVAS AGTER PENDORING
    23/07/2010
    “Ads24 staan bankvas agter Pendoring om, as die enigste toekennings vir voortreflike Afrikaanse reklame, die Afrikaanse taal en reklame te handhaaf en Afrikaanse reklameskeppers aan te moedig om te groei en in die bedryf te bly sodat bemarkers doeltreffend met dié gesogte teikenmark kan kommunikeer,” sê Linda Gibson, uitvoerende hoof van Ads24.
    Lees meer

  • TOP-REKLAMEAGENTSKAP BEWAARHEID DROME
    19/07/2010
    ’n Eenkeer-in-’n-leeftyd-geleentheid van ’n leersame en stimulerende internskap by Draftfcb onder leiding van sommige van die reklamebedryf se top- skeppende hoofde, is die opwindende vooruitsig vir vanjaar se algehele studentewenner(s) van die Pendoring-toekennings vir uitmuntende Afrikaanse reklame. Daarbenewens stap die wenner(s) ook weg met die gesogte Pendoring-trofee en ’n studiebeurs van R10 000.
    Lees meer

  • ATKV KIES NUWE DIREKSIELEDE
    08/06/2010
    Mnr Herman Bailey is vandag (4 Junie) tydens die algemene jaarvergadering van die ATKV wat by die ATKV-Klein-Kariba vakansieoord gehou is, as direkteur van die ATKV-direksie verkies. Bailey is die enigste nuwe volle direksielid in die ATKV se direksie.
    Lees meer

  • ATKV HET GROOT ROL TE SPEEL IN ONDERWYS IN SA
    03/06/2010
    Die ATKV moet oor ‘n hele aantal kernvrae besin om sy rol in die bevordering en fasilitering van onderwys in Suid-Afrika te bepaal. Dit was die boodskap van dr Theuns Eloff, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, op die ATKV se algemene jaarvergadering wat vandag (3 Junie) by die ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord by Bela Bela gehou is. Die tema van vanjaar se jaarvergadering is Die ATKV as taal- en kultuuroganisasie se rol in die bevordering en fasilitering van onderwys in Suid-Afrika.
    Lees meer

  • MILJOENE GRATIS REKLAME OP DIE SPEL IN PENDORING
    01/06/2010
    ’n Yslike R2,5 miljoen se gratis advertensieruimte/lugtyd vir die Prestigewenner se maatskappy/kliënt.
    Lees meer

  • BREEK BEKOSTIGBAAR WEG VAN DIE SOKKERGEWOEL
    27/05/2010
    Baie vakansiebestemmings verhoog hul tariewe met die oog op die komende sokkerwêreldbeker om veral voordeel te trek uit die besoekende sokkertoeriste wat na Suid-Afrika kom, maar die ATKV-oorde bly lojaal aan die Suid-Afrikaanse vakansiepubliek om nie tariewe van akkommodasie en kampering drasties aan te pas nie. Die ATKV-oorde bied steeds bekostigbare, waarde-vir-geld vakansieverblyf by sewe spogoorde landswyd. Benut ook sommer vanjaar se ekstra lang wintervakansie.
    Lees meer

  • ONDERSTEUN ATKV SE ABBASORG-GHOLFDAE
    24/05/2010
    DIE ATKV bied vanjaar drie spesiale gholfdae aan ten bate van sy AbbAsorg-projek. Met die ATKV-AbbAsorgprojekte word geïdentifiseerde gesinne in spesifieke gemeenskappe by praktiese armoedeverligting en -bekampingsprogramme betrek in belang van ‘n suksesvolle multi-kulturele Suid-Afrika.
    Lees meer

  • ATKV PRESTEER ONDANKS RESESSIE
    14/05/2010
    “Die ATKV het vanjaar, ten spyte van die negatiewe ekonomiese omstandighede, goed presteer”. So sê Mnr Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep oor die finansiële resultate van die groep wat die afgelope week bekend gemaak is.
    Lees meer

  • DIE ATKV IS 'N DOEN-ORGANISASIE
    10/05/2010
    Volgens Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV-groep is “die ATKV ‘n doen-organisasie”. Gouws was een van die sprekers tydens die ATKV se streeksbyeenkoms wat Saterdag 8 Mei in Polokwane plaasgevind het.
    Lees meer

  • ATKV ONDERSTEUN REDDINGSPOGING VIR NALN
    05/05/2010
    Die onlangse aankondiging dat befondsing bekom is om die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) uit sy geldelike - en bedryfsverknorsing te red, is ‘n groot stap in die regte rigting. Volgens mnr Japie Gouws, besturende direkteur van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), is dit baie goeie nuus dat prosesse nou in plek gestel kan word om NALN by te staan.
    Lees meer

  • ATKV-VRIENDE KUIER SAAM - POLOKWANE
    22/04/2010
    ATKV-lede en belangstellendes word uitgenooi om saam met die ATKV te kom kuier op 8 Mei 2010. Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, sal die gaste toespreek tydens ‘n oop gesprek.
    Lees meer

  • ATKV-VRIENDE KUIER SAAM - POTCHEFSTROOM
    30/03/2010
    Hierdie heerlike geleentheid op Potchefstroom is in die vorm van ‘n oop gesprek en vind plaas op Saterdag 10 April om 11:00 by die Elgro Hotel se hoofsaal. Saam met Japie gesels die besturende direkteur van LAPA Uitgewers, Maritha Snyman, oor LAPA se betrokkenheid by ATKV takke en -lede en Evelyn Ferreira, bestuurder van die afdeling takke sal ook ‘n bydrae lewer. Om die geleentheid af te rond, sing Lucas Maree saam met sy dogter.
    Lees meer

  • NUWE OORDBESTUURDER BY ATKV-HARTENBOS AANGESTEL
    30/03/2010
    Mornay Beukes is vanaf 1 April 2010 aangestel as Oordbestuurder by ATKV-Hartenbos Strandoord.
    Lees meer

  • FINALISTE VAN ATKV-MEDIAVEERTJIES BEKEND
    26/03/2010
    Die ATKV bekroon jaarliks uitblinkers vir hulle bydraes in die gedrukte/elektroniese media, televisie en radio.
    Lees meer

  • Kom kuier saam met die ATKV in die Oosrand
    25/03/2010
    ATKV-lede en belangstellendes word uitgenooi om saam met die ATKV te kom kuier op 9 April 2010. Japie Gouws, groep besturende direkteur van die ATKV, sal die gaste toespreek tydens ‘n oop gesprek.
    Lees meer

 


[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]


 

Kitsskakels

ATKV-Oorde > ATKV-Oorde
Kyk wat bied ons sewe spogoorde aan!
 
VakansieRande > VakansieRande
Jy verdien 'n blaaskans!
 
Soek 'n Tak > Soek 'n Tak
Ons het 'n tak naby jou!
 
ATKV-Nuusbrief > ATKV-Nuusbrief
Kliek hier vir ons maandelikse nuusbriewe
 
VRIENDE VAN DIE ATKV > VRIENDE VAN DIE ATKV
Organisasies wat die ATKV se werk, visie en kultuuropdrag ondersteun en aanvul
 
Kubervriende > Kubervriende
Kyk wat sê ander Afrikaanse webwerwe!
 
ATKV op Facebook > ATKV op Facebook
Besoek die ATKV se Facebookprofiel!
 


Designed, developed & hosted by eliance