Met die afskaffing van die aktiefste-taktoekennings is daar besluit om dit te vervang met toekennings in twee kategorieë, nl.
1. Twee toekennings vir elk van die agt streke wat takke beloon met 'n baie hoë graad van funksionaliteit
2. Twee toekennings per takfokus wat nasionaal toegeken word vir projekte van 'n baie hoë kwaliteit.
Bogenoemde toekennings is gebaseer op die nuwe takevalueringstelsel wat onlangs deur die streeksontwikkelaars by takke geïmplementeer is en wat 'n deursigtige stelsel is wat dit vir enige tak moontlik maak om te presteer; maak nie saak hoe groot die gemeenskap is waarbinne dit opereer en of dit opereer en of dit in 'n stedelike of plattelandse gebied geleë is nie.
In die eerste kategorie is die volgende aspekte geëvalueer:
- Die tak se drie beste projekte soos deur die tak self voorgelê vir oorweging
- Alle ander aktiwiteite wat deur die tak aangepak is wat kleiner projekte insluit
- Die tak se administratiewe bedryfsvlak
Hierdie takke is dus in alle aspekte van takwees uiters funksioneel
Takke wat hierdie toekenning ontvang, kry 'n geraamde sertifikaat en kan voor die einde van die boekjaar aansoek doen vir spesiale takhulp om hulle te ondersteun in die aanbieding van 'n lekker groot projekt wat die ATKV se voetspoor nog verder in hul gemeenskap sal kan trap.
Ons versoek dat die afgevaardigdes van die volgende takke asook hul voogde na vore sal kom en ons versoek die voogde om die oorhandigings te doen.
Dit toekennings in die kategorie Tak met 'n baie hoë graad van funksionaliteit per streek is die volgende:
|
STREEK
|
TAK
|
TAKVOOG
|
| Pretoria, Johannesburg en Wesrand (Petro Greeff) |
Woordwoekeraars (Pretoria) Randfontein |
Riekie vd Berg Marius van der Westhuyzen |
| Limpopo, Mpumalanga en Oosrand (Karlie Steyn) |
Kanniedood (Alberton) Secunda |
Marius van der Westhuyzen Hennie Bekker |
| Noordwes, Noordkaap en Namibië (Marco vd Berg) |
Windhoek Kakamas |
Johan van Schoor Johan van Schoor |
| Vrystaat (Andriette Potgieter) |
Gariepdam Andalusia (Jan Kempdorp) |
Pieter Möller Johan van Schoor |
| Kwazulu-Natal en Mpumalanga (Coenraad van Rensburg) |
Ladysmith Dames Glencoe |
Thea Vos Michiel Jacobs |
| Ooskaap (Hugh McCabe) |
Port Elizabeth Zastron |
Johan van Schoor Pieter Möller |
| Suid- en Weskaap (Dirkie Victor) |
Overberg (Caledon) Wellington |
Herman Bailey Herman Bailey |
| Weskaap (Elize Fortuin) |
Durbanville Nerina Dames (Bellville) |
Herman Bailey Herman Bailey |
In die tweede kategorie is die volgende aspekte van elke projek geëvalueer:
- Vise-gedrewenheid
- Beplanning
- Bemarking
- Gemeenskapsbetrokkenheid en impak op die gemeenskap
- Finansiële uitkoms
- Algemene gehalte van die projek
In hierdie kategorie is gekyk na projekte van 'n baie hoë gehalte per takfokus. Ons versoek dus die volgende takafgevaardigdes en hulle voogde om na vore te kom en ons versoek die takvoogde om die oorhandigings te doen:
Die toekennings in die katergorie Projek van 'n baie hoë gehalte is die volgende:
|
FOKUS
|
TAK
|
PROJEK
|
TAKVOOG
|
| Behoefte gedrewe volgens ontstaansrede |
Woordwoekeraars (Petro) Peaat (Hugh)
|
Prosaskryfkompetisie en -kursus Rokkentaal |
Riekie vd Berg Johan van Schoor |
| Bevordering van die kunste |
Gariepdam (Andriette) Durbanville (Elize) |
Toneel Drieluik Tygerberg Eisteddfod |
Pieter Möller Herman Bailey |
| Bewaring van ons kulturele erfenis |
Wellington Klopse (Dirkie) Centurion (Petro) |
Klopsekompetisie Passie vir Afrikaanse passies |
Herman Bailey Marius vd Westhuyzen |
| Dames |
Witteberg Jeugtak (Andriette) Frankfort Dames (Coenraad) |
Sjiek-meisietydskrif Bravo-modeprojek |
Pieter Möller Marlize vd Walt |
| Waardegedrewe gesin |
Laeveld (Nelspruit) (Karlien)
Overberg (Caledon) (Dirkie) |
Apies-in-die-bos kinderoppasdiens Overberg gesinsnaweek |
Trix van Schoor
Herman Bailey
|
| Jeug |
Vlammies Jeug (Nelspruit) (Karlien) Windhoek (Marco)
|
Vlammies Vonk Idols
Idiomestryd |
Trix van Schoor
Johan van Schoor |
| Kultuurbelewing oor 'n breë spektrum |
Newcastle (Coenraad)
Durban (Coenraad) |
Spoke-aand en sterrekyk
Kolligfees |
Thea Vos
Trix van Schoor |
| Sosiaal-maatskaplik |
Oudtshoorn (Dirkie)
Vereeniging (Marco) |
Traumakamer by SAPD
Doen aan ander (Leeuhofsentrum) |
Alice Maartens
Schalk Cilliers |
| Taalbevordering |
Zastron (Hugh)
Kakamas (Marco) |
Leesprojek
Riemvasmaak biblioteek |
Pieter Möller
Johan van Schoor |
Die takke wat bogenoemde toekennings ontvang kom ook in aanmerking vir spesiale takhulp waarvoor hulle kan aansoek doen ten einde nog 'n uitstaande projek in hul gemeenskap aan te pak.
UNIEKE TAKPROJEKTE
In hierdie kategorie word daar gekyk na projekte wat 'n bietjie anders as die gewone is en juis daarom die aandag trek. In die proses verleen hierdie projekte groot sigbaarheid aan die ATKV op plaaslike vlak (party selfs nasionaal).
Ons versoek dat die volgende takafgevaardigdes en hul voogde na vore sal kom sodat die voogde die oorhandigings kan doen.
Die toekennings in die kategorie Unieke Takprojek gaan aan:
|
TAK
|
PROJEK
|
TAKVOOG
|
| Esperanza (Wesrand) (Petro) |
Ondersteuningsprojek m.b.t Wesrand gestremdes |
Marlize vd Walt |
| Witbank (Karlien) |
Geloftedag-vasvra oor radio |
Hennie Bekker |
| Kanniedood (Alberton) (Karlien) |
Bewaring van die witkruisarend |
Marius vd Westhuyzen |
| Tabitas Dames (Marco) |
Erkenning aan Darren Scott vir sy bevordering van Afrikaans oor radio |
Marlize vd Walt |
| Kro'bossie (De Aar) (Hugh) |
Idiome-vasvra in die vorm van 'n liriekeraai |
Johan van Schoor |
| Zastron (Hugh) |
Beste gebruiker van Afrikaans deur 'n onderwyser soos deur leerlinge geëvalueer |
Pieter Möller |
|