General
    ATKV Members
    ATKV Projects
    ATKV-DAMES
    ATKV Branches
    TG (Taalgenoot)
    ATKV Taaldiens
    LAPA Publishers
 
ATKV-nuusbrief subskripsie
Naam :
E- Pos :
Opsioneel:
Lidnommer :
  Algemeen :: Die ATKV in 'n neutedop  
 

 

ATKV – dis 'n veel groter storie!

By die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging is taal en kultuur die as waar om alles draai... goed geolie met eindelose interessanthede vir musieklikes, kultuurlikes, leergieriges en nuuskieriges.  En 'n lorrievrag lekkertes vir plesieriges!

Om te sorg dat die geesdrif vir Afrikaanswees ál warmer word, bied die ATKV allerhande interessanthede rondom die taal aan en ieder en elk word genooi om daarby in te skakel:

TAAL

Afrikaans word bevorder deur die aanbied van kompetisies vir mense wat vaardig met die pen of glad met die mond is.  (www.atkvprojekte.co.za)

MUSIEK

Afrikaanse musici kan hulle talente uitleef deur middel van talle musiekgeleenthede wat die ATKV skep vir klassieke en ander musiek soos  ATKV-Muziq, ATKV-CrescendoKreatief, ATKV-Applous en die ATKV- Liertoekenning. (www.atkvprojekte.co.za)

TONEEL

Leerders se toneeltalent word ontgin deur middel van die ATKV-Tienertoneelkompetisie vir hoërskoolkinders. (www.atkvprojekte.co.za)

OPLEIDING

Verskeie werkskole, kursusse en opleidingsgeleenthede word aangebied vir onder meer liedjieskrywers, entrepreneurs en potensiële leiers. (www.atkvprojekte.co.za)

STUDIEHULP

Die ATKV het ook skoolhulpfonds, 'n studiebeurs en studielenings waarmee lede en hulle kinders finansieel gehelp word om hulle volle potensiaal te bereik. (www.atkv.org.za)

VIR DIE VROU

Talle verrykende aktiwiteite soos seminare, kursusse en kompetisies word deur die Dameskomitee aangebied, die vroue-vleuel van die ATKV. (www.atkv.org.za)

KUNSTEFEESTE

Deur middel van betrokkenheid by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop Kunstefees in Potchefstroom en NAMPO, die landbouskou in die Vrystaat hou die ATKV sy vinger stewig op die pols van die jongste inisiatiewe waarmee die Afrikaanse kultuur aan die voorpunt kan bly! (www.atkvprojekte.co.za)

LEEGLÊTYD!

Die ATKV het ook ses puik vakansieoorde:

UIT DIE BOEK UIT

Die nuutste voordeel vir leeslustige lede – ATKV-LEESLEKKERTE – is 'n besteldiens via LAPA Uitgewers waarmee jy Afrikaanse boeke vanuit die gerief van jou huis kan bestel met ;n groot afslag op elke boek, plus, af en toe, ?n gratis boek uit die bloute! (www.lapa.co.za)

Vir enige navrae of verdere inligting kontak gerus die ATKV by: 011 – 919-9000 of die maklikonthounommer: 083 – 917 ATKV

 


[Previous page][Top]


 

Quick links

ATKV Resorts > ATKV Resorts
See what our seven lovely resorts offer you!
 
ATKV Members > ATKV Members
Change your members details!
 
Membership Application Form > Membership Application Form
 
Mission and Values > Mission and Values
 
Resort Reservation Request > Resort Reservation Request
 
Cyber Friends > Cyber Friends
Have a look at other Afrikaans websites!
 
ATKV Branches > ATKV Branches
Find a branch in your area
 
ATKV in the media! > ATKV in the media!
Where did you here about us?
 
Friends of the ATKV > Friends of the ATKV
 
ATKV Newsletter > ATKV Newsletter
 


Designed, developed & hosted by eliance