|
90 km vanaf Pretoria en Johannesburg Groepe tot 800 Tel: +27(0)14 572-1000 Faks: +27(0)14 572-1010 epos: ATKV-Buffelspoort
ATKV-Buffelspoort bied 'n groot verskeidenheid huisvesting vir besoekers wat die platinum-provinsie wil verken. Daar is volledig toegeruste standaard en luukse rondawels, elk met 'n eie badkamer, toilet en volledig toegeruste kombuis. Vir gaste wat meer ruimte nodig het, is daar ses en agt bed woonstelle met twee badkamers. Alle woonstelle en rondawels het 'n TV in met sewe kanale.
Vir natuurliefhebbers bied ons ook 'n volledig toegeruste tentdorp. Elke moderne tenthuis het sy eie badkamer en is ten volle toegerus met alles wat belangrik is. Vir die tenthuise wat nie oor kombuise beskik nie, is daar 'n goed ingerigte gemeenskaplike kombuis met opwas geriewe.
Alle eenhede beskik oor mikrogolfoonde en braaiers.
Kyk gerus of u ons boom- en grasryke woonwapark, met 'n kragpunt by elk van die 200 staanplekke en silwerskoon gerieweblokke kan weerstaan. Baie van die spog staanplekke is geplavei. Pragtige tentkampeerplekke met skoon en netjiese gerieweblokke maak dit 'n kampeerdersparadys. Alle kampplekke is toegerus met braaiers. Die nuwe skadunet bedekte, geplaveide staanplekke is 'n groot gunsteling onder kampeerders.
Dié woonwapark is onlangs deur 'n toonaangewende woonwatydskrif aangewys as een van die top 20 woonwaparke in Suid-Afrika.
|