ATKV-Oorde
    Algemeen
    Lidmaatskap
    Nuusvrystellings
    ATKV-Projekte
    Hoezit!
    ATKV-Takke
    Taalgenoot • TG
    ATKV-Taaldiens
    LAPA Uitgewers
    ATKV-Jeuginstituut
    ATKV-Nuusbrief
    Spesiale Aanbiedinge
 
ATKV-nuusbrief subskripsie
Naam :
E- Pos :
Opsioneel:
Lidnommer :
   
 

Historiese Oorsig

 
ATKV-DAMES is 'n Afrikaanse vroueorganisasie wat hom ten doel stel om die Afrikaanse taal en kultuur te bevorder. Die organisasie bestaan reeds van 1943 af. ATKV-DAMES het deur die jare gereeld aanpassings gemaak om tred te hou met 'n veranderende gemeenskap en hulle lewer steeds 'n relevante bydrae tot die breë Suid-Afrikaanse samelewing.

ATKV-DAMES het ook aktief meegehelp aan die skep van 'n positiewe klimaat en gesindhede voor die algemene verkiesing in 1994.

ATKV-DAMES was betrokke by die opstel van 'n handves vir gelyke geleenthede en verantwoordelik vir die voorbereiding en insameling van inligting vir die Suid-Afrikaanse voorlegging by vrouekongresse in Kaïro, Dakar en Beijing. Voorleggings is ook gemaak in verband met die Wet op Huiswerkers (en inligting aan huiswerkers en werkgewers is dienooreenkomstig verskaf); 'n taalbeleid vir die SAUK, Welsynswetgewing en Onderwyswetgewing. Uitsprake is ook gelewer oor die afskaffing van die doodstraf, pornografie, die dekriminalisering van prostitusie, die wettiging van aborsie, ens.

Goeie vriendskapsbande bestaan tussen ATKV-DAMES en organisasies soos die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, Vroue-Landbou-Unie, Vroueburo, Dames Aktueel, Jong Dames Dinamiek, FEMNET, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, Vroue vir Suid-Afrika, The Women's Lobby, Women's Legal Status Committee, ens. ATKV-DAMES het ook deelgeneem aan die werksaamhede van die Women's National Coalition en het onder andere in van hulle streeksbesture en nasionale bestuur gedien.

Die volgende lig die werksaamhede van ATKV-DAMES kortliks toe:
Al die takke van ATKV-DAMES is op plaaslike vlak besig met opheffingswerk onder vroue en hulle gesinne, interkulturele skakeling, in 'n mindere mate ook met welsynswerk en is veral besig om die Afrikaanse taal te bevorder.
 


[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]


 

Kitsskakels

ATKV-Oorde > ATKV-Oorde
Kyk wat bied ons sewe spogoorde aan!
 
VakansieRande > VakansieRande
Jy verdien 'n blaaskans!
 
Soek 'n Tak > Soek 'n Tak
Ons het 'n tak naby jou!
 
ATKV-Nuusbrief > ATKV-Nuusbrief
Kliek hier vir ons maandelikse nuusbriewe
 
VRIENDE VAN DIE ATKV > VRIENDE VAN DIE ATKV
Organisasies wat die ATKV se werk, visie en kultuuropdrag ondersteun en aanvul
 
Kubervriende > Kubervriende
Kyk wat sê ander Afrikaanse webwerwe!
 
ATKV op Facebook > ATKV op Facebook
Besoek die ATKV se Facebookprofiel!
 
ATKV op Twitter > ATKV op Twitter
Besoek die ATKV se Twitterprofiel!
 


Designed, developed & hosted by eliance