General
    ATKV Members
    ATKV Projects
    ATKV-DAMES
    ATKV Branches
    TG (Taalgenoot)
    ATKV Taaldiens
    LAPA Publishers
 
ATKV-nuusbrief subskripsie
Naam :
E- Pos :
Opsioneel:
Lidnommer :
  Taalgenoot • TG :: Meer oor TG  
 

 

GENOOT
Taalgenoot, of TG soos dit deesdae bekend staan, is die amptelike mondstuk van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV). Tog bied dit baie meer as die tradisionele nistydskrif.
TG bring die trots en genot van Afrikaans-wees elke maand na die voorstoep van bykans 63 000 getroue lesers. TG is dié tydskrif vir mense wat in Afrikaans leef, werk en liefhet, en is propvol interessanthede en insiggewende artikels wat die aandag trek van ’n wye ouderdomsgroep. Ons lesers strek vanaf kleinboet tot by ouma – almal vind aanklank by TG se noukeurig saamgestelde leesstof.

Het jy geweet?
• Naas Huisgenoot is TG die tweede oudste tydskrif in die land met 76 somers agter die rug.
• TG is een van die tydskrifte met die grootste aantal Afrikaanse intekenare. Ons spog met ’n ABC-sirkulasie van meer as 62 000 maandelikse intekenare, wat aan ’n gevange gehoor van meer as 300 000 gepos word.
• Die gemiddelde LSM-syfer van ’n TG-leser is tussen 9 en 10.
• 49,9% is manlik en 51,1% van ons lesers behoort aan die skoner geslag.
• 36,2% van TG-lesers het tersiêre opleiding ondergaan.

GENOT
TG breek weg van die alledaagse met ’n eksperimentele skryfstyl, artikels vir oud en jonk, en ’n passievolle bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur. ’n Maandelikse publikasie met substansie.

Die Afrikaanse leefwêreld met sy mense, entrepreneurskap, ontspanning en opvoeding maak deel uit van dié fyn saamgestelde tydskrif wat maand na maand duisende Afrikaanssprekendes bekoor.

By TG is die toekoms helder met vooruit-beplande uitgawes en toegewyde artikels. TG fokus elke maand op ’n nuwe area van die alledaagse lewe van Afrikaanssprekendes en bly sodoende van toepassing op verskillende lesers se smake en voorkeure. Temas word ingedeel vanaf Januarie tot Desember en bied ’n geleentheid vir diversiteit ten opsigte van die inhoud.

’n Wenner
Tydens die Suid-Afrikaanse Publikasieforum se Korporatiewe Publikasie-kompetisie in 2007 waartydens 160 inskrywings ontvang is, het TG die volgende toekennings ontvang:
• Excellence in writing
• Excellence in communication
• Excellence in design and layout
• TG is ook aangewys as tweede beste interne korporatiewe tydskrif in Suid-Afrika
• Die hoofbeoordelaar, Lydia Loeve, het die volgende oor TG te sê gehad:
“Hierdie publikasie doen die organisasie eer aan. Alle aspekte – ingesluit die skryf, uitleg en kommunikasie – is van ’n hoë gehalte. ’n Raakvat-tydskrif, ’n skoon en vriendelike leserservaring. Uitstekende taalgebruik – wat ’n vreugde is dit nie.”

 

 


[Previous page][Top]


 

Quick links

ATKV Resorts > ATKV Resorts
See what our seven lovely resorts offer you!
 
ATKV Members > ATKV Members
Change your members details!
 
Membership Application Form > Membership Application Form
 
Mission and Values > Mission and Values
 
Resort Reservation Request > Resort Reservation Request
 
Cyber Friends > Cyber Friends
Have a look at other Afrikaans websites!
 
ATKV Branches > ATKV Branches
Find a branch in your area
 
ATKV in the media! > ATKV in the media!
Where did you here about us?
 
Friends of the ATKV > Friends of the ATKV
 
ATKV Newsletter > ATKV Newsletter
 


Designed, developed & hosted by eliance