ATKV

ATKV

By die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging is taal en kultuur die as waar alles om draai Lees meer

ATKV-Projekte

ATKV-Projekte

KOM SKITTER SAAM IN AFRIKAANS! Die ATKV is die Afrikaanse kultuurtuiste vir almal in Suid-Afrika. Lees meer

ATKV-Oorde

ATKV-Oorde

In sommige van die mooiste dele van ons land, omring deur kultuurskatte, historiese erfgoed Lees meer

Nuutste nuus

Leiersberaad

Leiersberaad

DIE ATKV BIED ‘N VERKORTE LEIERSBERAAD AAN

Die ATKV-Jeuginstituut bied verskeie leierontwikkelingsprogramme, soos die Jeugberaad en Jeugleiersimposiums vir hoër- en laerskoolleerders aan. Op Saterdag, 29 Oktober 2011 hou die Jeuginstituut ’n verkorte Leiersberaad in die raadsaal van die ATKV-hoofkantoor. Adres: ATKV-gebou, Hoek van Doverstraat en Surreylaan 348, Randburg. Die beraad begin om 08:30 en sal teen 15:00 eindig.

Lees meer

ATKV-Postmatriek

ATKV-Postmatriek

Meeste skoolverlaters het na al die eksamens ’n blaaskans nodig! Ons dink dis ’n goeie plan om ná skool weg te breek en te besin oor die opwindende toekoms wat op jou wag. Die atkv bied jou ’n geleentheid om verskeie lewensvaardighede te ontwikkel, lewenslange vriendskappe te smee en op jou tyd jou grootste loopbaankeuses te maak. Die atkv-Postmatriekjaar is ’n tien maande lange wegbreekjaar aangebied op atkv-Oorde. Die Drakensberge dien as basis en tot soveel as vyf atkv-spogoorde, geleë in van die mooiste dele van ons land word deur die loop van die jaar besoek.

Lees meer …

ATKV-Jeuginstituut

ATKV-Jeuginstituut

  Ben Ferreira
Senior Bestuurder
 

  • Oorkoepelend
  • Hoop vir Opvoeders
  • Leiers van Hoop

Telnr: 011 919 9038
Faks: 011 919 9129
benf@atkv.org.za

     
  Euline Elston
Senior Administratiewe Beampte
 Telnr: 011 919 9038
Faks: 011 919 9129
eulinee@atkv.org.za

Ontmoet almal

Jeugleiersimposium

Jeugleiersimposium

Die lewe vereis soms dat mens by die diepkant moet inspring en dat jy meer as net jou kop bo water moet hou. By die ATKV-Jeugleiersimposium leer ons jou nie net swem nie, maar ook dat ander sal volg as jy eers vlieg.

Elke dag van die simposium word gevul met ‘n verskeidenheid van lesings, aktiwiteite en gesprekke wat jong leiers bemagtig om hul leierskapsrolle suksesvol te vervul. Senior leiers van beide laerskole en hoërskole mag deur hulle skole ingeskryf word. Lees meer …

Jeugberaad

Jeugberaad

Die akroniem POETS is sprekend van die dinge waaraan ons aandag gee tydens die Jeugberaad. Ons wil die jeug POETS, blink maak vir die toekoms, deur die volgende temas onder die loep te neem: Politiek, Onderwys, Ekonomie, Tegnologie en die Sosiaal-maatskaplike.

Wie mag dit bywoon?

Graad 11 hoëprofieldenkers. ʼn Beroep word op skole gedoen om leerders te identifiseer wat opinievormers is, leerders wat ʼn invloed kan uitoefen en wat die potensiaal het om ʼn verskil te maak. Leerders moet Afrikaans magtig wees. Lees meer …