Postmatriek

ATKV-Postmatriek

ATKV-Postmatriek dié alternatief na matriek!

ATKV-Postmatriek is nie maar sommer net nog ‘n wegbreekjaar nie – dis ʼn jaar met ʼn verskil!

Navorsing wat die Universiteit van Johannesburg gedoen het toon dat die ATKV-Postmatriekjaar op ʼn besondere manier bydra tot die emosionele groei en volwassewording van jongmense.

Met vaardighede soos Noodhulp, Lewensredding, Projekbestuur, Fasilitering om maar net ‘n paar te noem, rus ATKV-Postmatriek studente toe om beter voorbereid te wees vir die toekoms. Hierdie vaardighede voeg lewenslange waarde toe tot elke student se lewe. Lees meer …