ATKV-Postmatriek
Meeste skoolverlaters het na al die eksamens ’n blaaskans nodig! Ons dink dis ’n goeie plan om ná skool weg te breek en te besin oor die opwindende toekoms wat op jou wag. Die atkv bied jou ’n geleentheid om verskeie lewensvaardighede te ontwikkel, lewenslange vriendskappe te smee en op jou tyd jou grootste loopbaankeuses te maak. Die atkv-Postmatriekjaar is ’n tien maande lange wegbreekjaar aangebied op atkv-Oorde. Die Drakensberge dien as basis en tot soveel as vyf atkv-spogoorde, geleë in van die mooiste dele van ons land word deur die loop van die jaar besoek.

Kliek op die prentjie vir die volledige weergawe!

Jeugleiersimposium
Dit was weer hoo-yah vir die Jeugleiersimposiums

Vanjaar se ATKV-Jeugleiersimposiums het oor die 440 leerders van reg oor Suid-Afrika getrek en dit was weereens ŉ belewenis vir die hoërskool en laerskool leiers gewees. Die doel van die projek is om die verkose VLR’e vir volgende jaar toe te rus met praktiese vaardighede om hul leierskaprolle met selfvertroue te kan hanteer. Die simposiums was aangebied by Goudini Spa (167 hoërskool leiers, met drie leerders van uit Namibië), Buffelspoort (200 hoërskool leiers) en Drakensville (74 laerskool leiers).

Die onderliggende tema van vanjaar se simposiums was die VLR van ŉ skool amper soos die spesiale taakmag van Amerika, Navy Seals is, waar verskillende mense kan saam werk in ŉ span om ŉ gemeenskaplike doelwit te bereik.

Dr Ernst Endres (leraar) en Amanda van der Vyver (opvoedkundige sielkundige) het persoonlikheidstoetse met die leerders behandel en daarna het elke leerder geweet watter persoonlikheidstipe hy of sy is. Marius Botha van Hoërskool Garsfontein het ŉ baie interessante sessie met die leerders behandel oor jy as leier en jou regte in die skool. Ds Sebastiaan van Dyk (predikant) en Dewaldt de Kock (leraar) het die belangrikheid van emosionele beheer en leierskap aangebied. Prof Nico Koopman (Universiteit van Stellenbosch) het weer gesels oor die belangrikheid van geloof saam met leierskap. Karlien Steyn van ATKV-hoofkantoor het ŉ praktiese sessie gehad waar sy vir die leiers geleer het hoe om voor ŉ gehoor te praat en toesprake te lewer. Douw Steyn en Xanthé van Niekerk was oud simposiumleiers wat vir die nuut verkose leiers kom vertel het van hul eie jaar as leier en wat hulle daaruit geleer het. Lisinda de Jager het die tawwe onderwerp van bemiddeling gehad en kon vir die leiers tegnieke leer van hoe ŉ leier as ŉ bemiddelaar kan optree. Dirk Pretorius en Corneels Schabort het vir die leiers geleer van goeie kommunikasievaardighede en hoe ŉ leier kommunikasie kan gebruik tot voordeel van organisering. Die leiers het ook baie gehou van Johan du Pisanie (motivering) en Charl Campher (kreatiwiteitswerkswinkel) se sessies wat albei unieke onderwerpe is vir die simposiums maar tog baie leersaam vir die leiers. Marintha en haar man, Jan Labuschagne (Right Angle Framing Solutions) het vir die laerskool leiers ŉ verf werkswinkel aangebied wat verf tegnieke gekombineer het met spesifieke leierskap eienskappe soos verhoudingsbou, houding en self-aktualisering.

Ander sprekers wat betrokke was vanjaar, Conrad Sidego Burgemeester van Stellenbosch het ŉ groeteboodskap op Goudini kom lewer en dr Llewellyn MacMaster, ook van die Universiteit van Stellenbosch het vir die leiers kom vertel hoe die maak van keuses hul toekoms kan beïnvloed.

Die musiek groepe wat die leiers bietjie kom vermaak het tydens die simposiums, was Kaleidoskoop by Goudini (www.kaleidoskoopmusiek.co.za) en by Buffelspoort was dit weer ŉ opskop saam met die Tuindwergies gewees.

Die Noord-Wes Universiteit was weereens ŉ borg vir vanjaar se hoërskool simposium by Buffelspoort gewees en sonder hierdie bystand sou die simposium nie so ŉ sukses kon wees nie.

Die leiers is ook ŉ geleentheid gebied om hul eie video opnames te maak wat handel oor die tema Vry en Volkleur in Afrikaans. Die leiers kon op een van die volgende punte fokus, hoekom dit lekker is om in Suid-Afrika te bly en Afrikaans te praat of hoekom hulle trots is op hulle skole. Daar is wel ŉ wen groep per oord aangewys maar al die groepe se materiaal is ingeneem en gaan verder verwerk word vir algemene bemarking van die ATKV. Hou gerus ons webtuiste www.atkv.org.za of twitter @atkvsa dop.

Jeugberaad
ATKV-JEUGBERAAD

Kliek hier vir die inskrywingsvorm

Die ATKV-Jeuginstituut bied weer drie Jeugberade tydens die Junie/Julie skoolvakansie aan. Graag nooi ons u skool uit om leerders te identifiseer en as verteenwoordigers van u skool vir die Jeugberaad in te skryf. ŉ Beroep word op u gedoen om Graad 11 leerders te identifiseer, wat opinievormers is, leerders wat ŉ invloed kan uitoefen en wat die potensiaal het om ŉ verskil te maak. Oorweeg dit gerus om ook die Graad 11 leerder te nader wat dalk nie so uitgesproke is nie, maar tog die potensiaal toon om ŉ verskil te kan maak – dalk is die beraad net die geleentheid om so leerders uit sy dop te laat kruip.

Die datums vir 2012 is soos volg:

ATKV-Klein-Kariba (Bela-Bela) 25 – 28 Junie

ATKV-Buffelspoort (Rustenburg) 2 – 5 Julie

ATKV-Goudini Spa (Worcester) 9 – 12 Julie

Die kostes beloop R995.00 per leerder (sluit akkommodasie, etes en aktiwiteite in).

Skole is self verantwoordelik vir die reisreëlings.

Indien leerders vroeër wil arriveer of langer moet bly, moet hulle self die reëlings met die betrokke oord tref.

Op grond van terugvoer en eie waarneming tydens vorige Jeugberade is besluit om die formaat van die Jeugberade aan te pas. Soos in die verlede gaan ons steeds fokus op die eksterne omgewing soos die Politiek, Ekonomie, Tegnologie en Samelewing. ŉ Nuwe faset wat ons gaan byvoeg is die “interne omgewing” met aspekte soos emosionele intelligensie, streshantering, geloof, groepsdruk en selfaanvaarding.

Ons glo dat ons met die verandering meer waarde tot die leerders se lewe kan byvoeg.

Die tema vanjaar se Jeugberaad is: Die lewe is LEGO

Daar is nie ŉ beperking op die aantal leerders per skool nie, maar daar is wel net ŉ beperkte aantal plekke per oord beskikbaar.

Die volgende inligting moet volledig en gelyktydig aan ons gestuur word:

Skoolbesonderhede.

Bewys van betaling.

Leerderbesonderhede.

Vrywaringsvorm.

Mediese inligting.

Indien die maksimum aantal inskrywings oorskry word, sal voorkeur verleen word aan die skole wie se inskrywings eerste volledig ontvang is.

Die sluitingsdatum is Vrydag, 25 Mei 2012. Vir enige navrae skakel vir Annemarie Alberts by 011 919 9066 of epos: annemariea@atkv.org.za

Sien ook aangeheg die spesiale aanbod wat die ATKV-Oorde beskikbaar stel vir die ouers/onderwysers wat die leerders na die Jeugberaad toe bring.

Ons sien uit om u skool se leerders daar te ontvang!

Vriendelike Jeuginstituut-groete

Hoop vir opvoeders
Hoop vir Opvoeders is ŉ eendagprogram vir opvoeders. Die drie hoof elemente van die program is Ek, Ons en die Skool.

Kliek hier om meer te lees!

ATKV-Jeuginstituut hou leiersimposiums
Die ATKV-Jeuginstituut bied vanjaar weer ’n reeks Jeugleiersimposiums vir leerders in graad 6 en graad 11 aan.

Vanjaar se Jeugleiersimposiums, die 16de jaar wat dit aangebied word,  vind plaas van 6 tot 9 Desember 2010. Die ATKV-Jeuginstituut mik om drie simposiums aan te bied by verskillende ATKV-oorde. Die simposiums is gemik om leerderleiers wat in die volgende jaar as leiers in hul skool verkies is, toe te rus met noodsaaklike leierskapsvaardighede.

Die simposiums word by die ATKV-Goudini Spa, ATKV-Klein-Kariba en die ATKV-Buffelspoort aangebied en lok leerders van regoor die land. Tot soveel as 150 leerders word by elkeen van die simposiums verwag. Die simposiums by Goudini Spa en die een by  Buffelspoort is vir hoërskoolleerders en die een by Klein-Kariba vir laerskoolleerders. Een van die bekende Afrikaanse sangers wat die jeugsimposium bygewoon het, is Deon Meiring, hoofsanger van die musiekgroep Glaskas wat dit in 2007 op Hartenbos meegemaak het.

Onderwerpe wat tydens die simposiums bespreek sal word, sluit in spanvorming tussen verkose leiers van ’n bepaalde skool, sinvolle tydsbestuur van leerderleiers, kommunikasie- en bestuursvaardighede, konflikhantering, en die rolle van die leiers en hul take in die praktyk van die skoolomgewing of die omgewing waarin hulle as leiers moet optree.

Leerders wat in aanmerking kan kom vir deelname aan die simposiums moet verkose lede van hul skole se raad van leerders of leerlingrade wees of die hoofleiers van hul onderskeie skole.

Die koste beloop R990 per leerder en sluit die akkommodasie, etes en aktiwiteite in. Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die ATKV se Jeugleiersimposiums is Vrydag, 12 November 2010. Hou gerus die ATKV-webwerf by www.atkv.org.za dop vir verdere inligting of skakel die organiseerder, Annemarie Alberts, by (011) 919 9038 of stuur ’n e-pos aan haar by annemarie@atkv.org.za

Leierontwikkeling
Kom ons praat weer Afrikaans! Kom ons gee die tong van ons ‘n kans om weer te dans loshande te hang oor die krans.

Bogenoemde is ‘n uittreksel waarmee Dianna Ferrus haar bydrae tot die debattering oor die onderwerp “Wat doen ons met die Afrikaanse taal” ingelei het. Die geleentheid was een van die ATKV se landwye streeksbyeenkomste wat Saterdag (11 September 2010) by die Hoërskool Gimnasium in die Paarl aangebied is.