Jeugleiersimposiums 2012
Alle plekke is nou vol bespreek vir die ATKV-Jeugleiersimposiums 2012.
Die inskrywings + betalings wat nou ontvang word, word op ‘n waglys geplaas sou daar enige kansellasies inkom.
ATKV-JEUGLEIERSIMPOSIUM
Die Jeugleiersimposium word aangebied vir die verkose Graad 6 en Graad 11 hoofleiers wat vir die volgende jaar verkies is. Al is hul termyne reeds aan die gang, wil ons hulle help, verder bemagtig sodat die leiers hul leierskaprolle met sukses kan vervul en die jaar pak, sonder om die akademie te verwaarloos. Skole word uitgenooi om die senior lede (hoofleiers) van die VLR / leerlingraad na die ATKV-Jeugleiersimposium te stuur, die datums vir die simposiums is soos volg:
| Hoërskole: | ATKV-Buffelspoort | 02 – 05 Desember 2012 |
| ATKV-Goudini Spa | 04 – 07 Desember 2012 | |
| Laerskole: | ATKV-Buffelspoort | 02 – 05 Desember 2012 |
| ATKV-Goudini Spa | 04 – 07 Desember 2012 |
Die kostes beloop R995.00 per leerder (dit sluit die verblyf, etes en aktiwiteite in).
Skole is self verantwoordelik vir die reisreëlings. Leerders moet die laaste dag van die Simposium hul skooldrag aantrek.
Die Simposium is NIE ʼn kamp NIE en daar word gefokus op die ontwikkeling van algemene leierskapvaardighede. Temas wat behandel gaan word, is soos spanwerk, tydsbestuur, kommunikasie, konflikhantering en ander praktiese oefeninge. Maksimum van 10 leerders per skool sal toegelaat word en daar is net ʼn beperkte aantal plekke per oord beskikbaar.
Die sluitingsdatum is Vrydag, 09 November 2012. Indien u enige verdere navrae het skakel gerus vir die organiseerder, Annemarie Alberts by 011 919 9038.