Inligting

Die Jeuginstituut mik om drie simposiums aan te bied by verskillende ATKV-oorde. Die simposiums is vir die graad 6- en graad 11-leerders wat as leiers vir die volgende jaar verkies is. Die koste beloop R995 per leerder wat die akkommodasie, etes en aktiwiteite insluit. Hou gerus die webwerf dop vir verdere inligting of skakel die organiseerder Annemarie Alberts by 011 919 9038 of stuur ’n e-pos na annemariea@atkv.org.za.