Nuusbriewe

2012

Junie 2012

Dit is koud en die slaap is min. Postmatriek 2012 is alweer op ‘n challenge of honour.

Die eerste aand was die program rof en onverwags: ons is wakker gemaak in die middernagtelike ure, en dit is voor die handliggend dat die meeste van ons BAIE onvriendelik was op daardie oomblik. Ons skop die aand af met PT: ‘n paar push-ups, sit-ups, en 100m sprints met n koplig op die kop. Daarna stuur Hanri ons terug bed toe, maar ons raak te vinnig bly, want na net ‘n halfuur se slaap word die koshuis se ligte weereens aangeskakel.

Lees meer

2011

ATKV-POSTMATRIEKNUUSBRIEF 5

Julie / Augustus 2011

Redakteursbrief

Daar is ons so pas oor die helfte van 2011. Vir my was dit ‘n bittersoet moment. Een van die beste jare van my lewe gaan nie vir ewig aanhou nie, maar terselfde tyd voel dit vir my asof die wêreld vir ons oop gaan.

Die kwartaal wat verby is, was ongelooflik. Die wolkberge, Die Eiland, die swem en swem en versuip en noodhulp. Dit het alles deel uitgemaak van ‘n baie spesiale tydjie in ons Postmatriek jaar.

Lees meer


ATKV-POSTMATRIEKNUUSBRIEF 4
Junie 2011
Redakteursbrief
Hierdie is amptelik ons eerste koerant met ‘n naam, redaksiespan en ‘n plan. Ek hoop almal het die vorige nuusblad geniet, hy kon seker nie te erg gewees het nie, aangesien ek toegelaat word om nog een te skryf. Terwyl ons op dié ernstige noot is, as daar enige klagtes of voorstelle t.o.v die Nxa Pages is, kan dit na die volgende adres gestuur word, tanita.roets@gmail.com.

Lees meer


ATKV-POSTMATRIEKNUUSBRIEF 3

Mei 2011

Redakteursbrief

Sjoe, ek kan amper nie glo ons trek al in Mei nie. Ek is bly om te sien almal het darem die oorlewing oorleef en ek glo, hoop en vertrou almal is gebad en gevoer (chops, mash, gravy en niks minder nie).

Lees meer


ATKV-POSTMATRIEKNUUSBRIEF 2

NET WEER DIE VOLGENDE BELANGRIKE DATUMS

Die datums wat julle solank kan vasmaak vir die kwartale is as volg:

  • 6 Feb – begin by ATKV-Drakensville
  • 18 Maart – Eindig 09:00 by ATKV- Drakensville
  • 10 April om 18:00 by POTCHEFSTROOM

Lees meer


ATKV-POSTMATRIEK NUUSBRIEF 1
2011 Postmatriek is vandag amptelik 8 dae aan die gang en die nuwe studente is besig om hul voete te vind en nes te skrop op Drakensville. ‘n Paar foto’s van die week by die Sterkfonteindam…

2010

TYD VIR NOG

Tyd vir nog ‘n kykie in die lewens van die nuwe postmatrieks. Van ons laaste “update” het ons in soveel aktiwiteite deelgeneem dat dit moeilik is om te weet waar om te begin dit sluit natuurlik ons vakansie in. Seker geen ander uitweg as om te begin by die rots klim en “abseiling” nie. Gustav (ons instrukteur) het nie tyd gemors om ons bymekaar te kry in groepe te deel vir die rotsklim nie en terwyl die een groep geklim het, het die ander “touchies” saam Smit gespeel.

Lees meer


WELKOM

Welkom by nog ‘n insetsel van die ATKV Posmatriek 2010 nuusbrief! Ons groep van 25 het op die ATKV eiland oord arriveer na ‘n volle dag op die pad en is verwelkom deur die ongelooflike vriendelike personeel, maar dit het almal reeds geweet. Ryno het besluit om vir ons ‘n ongelooflike “icebreaker” te reel met nuwe dans passies en ook rekords om te breek. Ons het die dag reeds begin met ‘n kompetisie waar ons in twee groepe verdeel is om die sokker bane en nette die vinnigste op te stel. En tot die beseerdes het na die tyd sokker gespeel, meisies teen die seuns(jammer manne maar ons “girls” het daai een gewen). Onder die “watchfull eyes” van Lizette, Hanri en Smit (wie, as ons korrek onthou, volstrek geweier het om deel te neem tot hulle in gesleep is) het ons ook die Zorba gedans en paar van ons het uit die sirkel uit gevlieg!

Lees meer


FEBRUARIE UITGAWE 2010

Natuurlik het ons nuwe Postmatrieks 2010 nie vergeet van die legendariese nuusbrief en al die lesers nie! Die lewe as studente (let wel nuwe en effe ongewone studente) het net bietjie aanpassing geverg. Julle is seker vreeslik nuuskierig om te weet wat in ons lewens gebeur het vandat ons gegroet het op 7 Februarie? Ons het skaars uit gepak toe Hanri ons bymekaar roep en in kennis stel dat ons net 20min het om die “bare-essentails” en kampgerei te pak, ook dat ons alle selfone en horlosies moes in gee en verbied is om enige i-pods ens. te vat. Darem was kameras toegelaat.

Lees meer