Leiersberaad

DIE ATKV BIED ‘N VERKORTE LEIERSBERAAD AAN

Die ATKV-Jeuginstituut bied verskeie leierontwikkelingsprogramme, soos die Jeugberaad en Jeugleiersimposiums vir hoër- en laerskoolleerders aan. Op Saterdag, 29 Oktober 2011 hou die Jeuginstituut ’n verkorte Leiersberaad in die raadsaal van die ATKV-hoofkantoor. Adres: ATKV-gebou, Hoek van Doverstraat en Surreylaan 348, Randburg. Die beraad begin om 08:30 en sal teen 15:00 eindig.

Alle hoërskoolleerders word uitgenooi om die Leiersberaad by te woon. Die program is nie net bedoel vir die verkose leiers van die skool nie; enige leerder van graad 8 tot graad 11 is welkom om in te skryf. Die doel van die beraad is nie net om jong leiers se leierskapsvaardighede te verbeter nie, maar aandag word ook gegee aan mensontwikkeling. Onderwerpe wat behandel gaan word, is: ken jouself, groepswerk, konflikhantering, tydsbestuur, die grondwet, openbare optredes en motivering.

Die koste beloop R100 per leerder en ’n ligte middagete is  ingesluit. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 14 Oktober en die vorms kan saam met die bewys van betaling gefaks word aan Annemarie Alberts by 011 919 9129 of aan haar ge-e-pos word by annemariea@atkv.org.za

Vir meer inligting oor ander projekte wat ook deur die Jeuginstituut aangebied word, besoek gerus die ATKV se webwerf by www.atkv.org.za/jeuginstituut/.

Kliek op die prentjie vir meer inligting

Bankbesonderhede vir direkte oorplasings:

Bank: Absa
Rekeninghouer: ATKV-Jeuginstituut
Rekeningnommer: 407 333 1426
Takkode: 632 005
Verwysing: LA1 – leerder se naam en van