Hoop vir opvoeders

Hierdie eendagprogram is daarop gerig om ondersteuning te bied aan die opvoeder wat elke dag voor ’n klas moet staan met die besondere uitdagings wat daarmee gepaard gaan.  Die hoofelemente van die program is: Hoe lyk ’n skool van uitnemendheid, wat is my “Strengths” en hoe kan ek dit gebruik om die skool van uitnemendheid moontlik te maak.

Die eindresultaat van dié program is dat elkeen ’n onderneming maak ten opsigte van sy verbintenis oor sy eie ontwikkelingsplan, sy bydrae tot die span as geheel asook sy bydrae tot die bou van ’n uitnemende skool.

Kliek op die onderstaande skakels vir meer informasie.

Inligting

Program

Fotogallery