|
AANSOEK OM LIDMAATSKAP VAN DIE ATKV- EN ATKV-LEDEVERENIGING
Lidmaatskap beloop R44,00 per maand, R132,00 per kwartaal, R264,00 halfjaarliks en R528,00 jaarliks
ATKV-VISIE Vir die ATKV is die Afrikaanse kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel van 'n suksesvolle Suid-Afrika.
Daarom sal die ATKV:
- die Afrikaanse kultuurtuiste in Suid-Afrika wees en relevant na binne en buite geloofwaardig wees
- wyd genetwerk wees
- ekonomies kragtig en relevant wees
- 'n sigbare nasionale bate en deel van die hoofstroom wees
- die demografie van die Afrikaanssprekende verteenwoordig wat lede, leiers, produkte en personeel betref
- 'n eietydse en jeugdige beeld en gesig hê
- 'Aangebied deur die ATKV' sal kwaliteit, kreatiwiteit en gesogtheid beteken
ATKV-OPDRAG Die ATKV is 'n kultuurorganisasie wat die Afrikaanse kultuur kreatief bedryf tot voordeel van die maatskappy, die Afrikaanse gemeenskap en 'n suksesvolle multikulturele Suid-Afrika.
ATKV-WAARDES
Die ATKV word as kultuurorganisasie gekenmerk deur sy Christelik-Bybelse grondslag. Die ATKV diskrimineer nie teen enige persoon op grond van ras of geslag nie. Die ATKV is verbind tot professionele gedrag en etiese standaarde in al sy optredes. Die ATKV bedryf al sy aktiwiteite volgens gesonde sakebeginsels. Die ATKV respekteer die menswaardigheid van sy werknemers as onmisbare bate. Die ATKV beskou sy lede en kliënte as sy belangrikste bate.
TOELATING TOT LIDMAATSKAP
Die Direksie kan 'n persoon wat:
- Deur minstens een ingeskrewe lid voorgestel word; en
- Na die oordeel van die Direksie hom met die Afrikaanse kultuurgroep assosieer en hom daarin uitleef; en
- Die grondslag, hoofdoelstellings en Grondwet van die ATKV onderskryf; en
- Die aansoekvorm soos voorgeskryf deur die Direksie volledig ingevul het, as lid van die ATKV toelaat.
VERKLARING
Ek verklaar hiermee, namens myself en my gade, dat:
- Ek/Ons die grondwet, doelstellings, missie en waardes van die ATKV en die ATKV-Ledevereniging onderskryf en uitleef.
- Ek/Ons aan die lidmaatskapvereistes voldoen soos vervat in die Statute van die ATKV en die ATKV-Ledevereniging.
- Ek/Ons, ons onderwerp aan die gesag van die Direksie van die ATKV en die ATKV-Ledevereniging.
- Ek/Ons gegewens soos verskaf, korrek is.
- Ek/Ons onderneem om toe te sien dat ons ledegeld stiptelik en soos ooreengekom betaal sal word.
- Ek/Ons respekteer die uitlewing van die Christelike waardes binne die ATKV en aanvaar dat die ATKV die Christelike boodskap uitbou.
- Ek/Ons onderneem om die ATKV onverwyld in kennis te stel indien enige van die punte van bogenoemde verklaring nie meer op ons van toepassing is nie.
|