ATKV-Buffelspoort

ATKV-Buffelspoort vakansie-oord is minder as ’n uur se ry van Johannesburg en Pretoria geleë, naby die alombekende Sun City.

’n Puik keuse van selfsorg verblyftipes, ’n restaurant, ontspannings- en kitskosfasiliteite plus ’n goed-bevoorrade winkel, maak ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar ’n mens die omgewing met sy rykdom aan besienswaardighede kan verken.

Ons gewilde kampeergeriewe omvat vierbed-tenthuise, ’n oorvloed skaduryke kampeerstaanplekke tussen bome sowel as geplaveide staanplekke met skadunette. Opwas- en ablusiefasiliteite, kragpunte en ’n braai-area waarborg gerieflike verblyf.

Ideaal vir opwinding en avontuur of rustige ontspanning… die volmaakte gesinsvakansie! Daarby skep die vreedsame landelike atmosfeer ’n toepaslike klimaat vir vrugbare spanbou en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.

ATKV-Buffelspoort – Jou Magaliesberg Paradys.

www.buffelspoort.co.za