ATKV-Drakensville

Verruil die stadsgejaag vir die rustige natuurskoon van die Drakensberge!

ATKV-Drakensville vakansie-oord is skaars drie ure se ry van Bloemfontein en Johannesburg af en sowat twee en ’n half ure van Durban.

Aan die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n wêreld-erfenisgebied, lê die oord met sy skouspelagtige uitsigte tussen ’n magdom historiese landmerke en besienswaardighede.

Drakensville se ryke verskeidenheid verblyftipes, puik ontspanningsgeriewe en avontuurlike aktiwiteite word gerugsteun deur ’n restaurant sowel as ’n kitskos-, koffie- en geskenkwinkel vir jou gerief.

ATKV-Drakensville – ideaal vir jou sprankeltroue, vrugbare konferensie of suksesvolle spanbouprogram!

Semi-finalis in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Groot selfsorg-oorde in Suid-Afrika.

www.drakensville.co.za