ATKV-Goudini Spa

Bruisende opwinding wag op jou in die Wes-Kaap!

In die hartjie van die skilderagtige Bolandse berge, skaars ’n uur se ry van Kaapstad af, lê ATKV-Goudini Spa met sy genesende mineraalbaddens.

Die oord se uitgebreide verskeidenheid selfsorg-akkommodasietipes en eersteklas geriewe voorsien alles wat die kieskeurige vakansieganger mag begeer.

Benewens talryke opsies vir vermaak en ontspanning by die oord, is Goudini Spa langs die beroemde Roete 62, die langste en uiteenlopendste wynroete ter wêreld geleë, wat beteken dat die omgewing onuitputlike besienswaardighede bied.

ATKV-Goudini Spa beskik ook oor uitmuntende konferensiefasiliteite wat tot 800 konferensiegangers kan huisves en is die perfekte keuse vir ’n sprankelende huweliksonthaal.

www.goudinispa.co.za