ATKV-Hartenbos

ATKV-Hartenbos is op die natuurskone Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth geleë, sowat 40km van George-lughawe en 8km van Mosselbaai af.

’n Bekostigbare gesinsvakansie by die see word deur ATKV-Hartenbos se verskillende akkommodasie-opsies gewaarborg, aangesien jy per eenheid en nie per persoon betaal nie.

Benewens die talryke aktiwiteite en puik ontspanningsgeriewe, beskik die oord oor ’n geriefswinkel en restaurant met kitskos-afdeling wat ’n droomvakansie verseker.

ATKV-Hartenbos dien ook as die ideale vertrekpunt vanwaar ’n mens jou vakansie meer boeiend kan maak deur besoeke aan talle besienswaardighede in die omgewing.

Met konferensiefasiliteite wat tot 1 000 persone kan huisves, is ATKV-Hartenbos die perfekte keuse vir ’n besielende konferensie of spanbou.

Semi-finalis in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Groot selfsorg-oorde in Suid-Afrika.

www.hartensbos.co.za