ATKV-Klein-Kariba

Net buite Bela-Bela, skaars 90 minute se ry van Johannesburg af, lê ATKV-Klein-Kariba in een van die pragtigste valleie in die Waterberge.

Dié sieraad van ’n vakansie-oord se ryke verskeidenheid akkommodasie word deur egte Bosveld-gasvryheid gerugsteun.

Gaste se gerief word verder verseker deur ontspanningsgeriewe van gehalte en puik fasiliteite soos ’n restaurant met ’n kitskos-afdeling, ’n goed-toegeruste winkel en opwindende aktiwiteite.

Boonop lê Klein-Kariba op die Bosveld-toeristeroete wat as perfekte middelpunt vir verskeie dagtoere dien.

Groepe van tot 700 kan in ATKV-Klein-Kariba se gevorderde konferensiefasiliteite akkommodeer word terwyl die vreedsame landelike stemming bydra tot vernuwende denke en verbeeldingryke spanbou.

Ons staan ook bekend as bruilofslokaal van formaat, waar ’n bekoorlike klipkapel as aanloop tot ’n betowerende waterval- of bostroueseremonie dien.

ATKV-Klein-Kariba – ware gasvryheid by die sieraad van die Bosveld!

www.klein-kariba.co.za