Eiland-Spa

Ons toevlugsoord in Limpopo verwelkom jou met hartlike gasvryheid en unieke ontspanningsgeleenthede.

ATKV-Eiland Spa op die suid-oewer van die Letabarivier is slegs 68 km oos van Tzaneen in die hart van die Hans Merensky-natuurreservaat geleë.

Met sy warm, sonnige klimaat regdeur die jaar en verskeidenheid natuurskoon is Eiland Spa een van die gewildste oorde in Suid-Afrika.

Benewens uiteenlopende selfsorg-akkommodasietipes, eersteklas ontspanningsgeriewe en volop aktiwiteite, beskik Eiland Spa oor ’n restaurant en helende hidro-spa wat dit die volmaakte ontspannings-oord vir die hele gesin maak.

Die stilte en vrede van die rustige omgewing skep die ideale stemming vir vrugbare en verrykende besigheidsbeplanning en spanbou.

Wenner in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Groot selfsorg-oorde in Suid-Afrika.

www.eilandspa.co.za