NUUS

Maak ’n verskil en ondersteun die boektrommelprojek

Die VVA het ’n boektrommel by die Vreugdevoetjieskleuterskool in Oudtshoorn afgelewer. 

“Daar is geen plaasvervanger vir boeke in die lewe van die kind nie.”

Dit was die wyse woorde van May Ellen Chase, maar die realiteit is dat baie kinders in Suid-Afrika nie toegang tot boeke het nie. Meer as 70% van ons land se skole het nie biblioteke nie. As ’n kind nie by die skool kan lees nie en daar ook nie by sy ouerhuis boeke is nie – waar gaan hy/sy bekend gestel word aan die wonderwêreld wat net die lees van boeke kan oopsluit.

Vriende van Afrikaans (VVA) wil egter met hul boektrommelprojek die behoefte aan lees op voorskoolse vlak deur middel van ’n unieke boektrommelprojek aanspreek. Die VVA skenk al sedert 2006 aan skole boeke of trommels vol boeke as daar nie ’n bestaande biblioteek is nie.

Hierdie projek het die verbeelding van weldoeners in so ’n mate aangegryp dat die VVA daarin slaag om 50 trommels per jaar na kleuterskole te versprei. ‘n Trommel met ongeveer 70 geskikte boeke (deur Biblionef) kos R7500.

Vir die VVA om voor te gaan met hierdie werk is jou ondersteuning nodig. Enige bydrae is welkom. Kontak ons gerus as jy deel wil wees van hierdie projek.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan Amanda de Stadler by amandad@vva.atkv.org.za of Chareldine van der Merwe by chareldinev@vva.atkv.org.za. 

Die bankbesonderhede indien jy ’n bydrae wil maak, is soos volg:

Bank:                  ABSA BANK
Rekeningnaam:  ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, Tjekrekening
Takkode:             632005    
Vir buitelandse inbetalings gebruik die volgende “Swift Code”: ABSA ZA JJ.  As verwysing gebruik asb: VVA Boektrommels

***
Steun het Boektrommelproject van de Vriende van Afrikaans!
Een van idealen van onze organisatie, de Vriende van Afrikaans, is dat zo veel mogelijk kinderen in Zuid-Afrika toegang hebben tot boeken: mooie, boeiende, kleurrijke boeken die kinderen graag willen lezen.
Om het in het Afrikaans te zeggen: “Ons wil hê dat elke kind met ‘n blink gesiggie kan gaan sit en deur ‘n boek blaai wat vir hom of haar vir ‘n rukkie wegneem na ‘n plek waar hy of sy fisies dalk nooit gaan uitkom nie. Ons wil met boeke kinders se verbeeldingskrag stimuleer en ontwikkel want dit is wat van hulle mense maak wat omgee vir ander mense.”

Om dit ideaal te verwezenlijken is veel hulp noodzakelijk: in ongeveer 70% van de scholen in Zuid-Afrika bestaat er niet zoiets als een bibliotheek. Daarom bieden we de boeken aan in metalen kisten: de zogenaamde boektrommels. In veel gevallen gaat het in ons Boektrommelproject om Afrikaanstalige scholen in arme delen van het land, maar als de moedertaal van de kinderen een andere is dan Afrikaans, krijgen ze de boeken in hun eigen taal. Voor meer informatie, e-pos aan Amanda de Stadler by amandad@vva.atkv.org.za of Chareldine van der Merwe by chareldinev@vva.atkv.org.za. 

We hopen op uw hulp. Eén nieuw kinderboek kost hier gemiddeld 10 euro. Met een volle boektrommel, met daarin zo’n 70 nieuwe kinderboeken, is ongeveer 700 euro gemoeid. Elk bedrag waarmee u het Boektrommelproject kunt ondersteunen, is van harte welkom op rekeningnummer.

Bank:                  ABSA BANK
Rekeningnaam:  ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, Tjekrekening
Takkode:             632005    
Vir buitelandse inbetalings gebruik die volgende “Swift Code”: ABSA ZA JJ.  As verwysing gebruik asb: VVA Boektrommels

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF