NUUS

Só tiek die ATKV-takke

Die ATKV-takke het die afgelope paar weke weer ’n verskil in hul onderskeie gemeenskappe gemaak. Hier is ’n kykie na hul doen en late.

ATKV-gesinstak Boksburg maak ’n verskil

 

 

Die ATKV-gesinstak Boksburg het ’n kontantbedrag aan die Kowa Pienaar-tehuis oorhandig om die badkamergeriewe in die afdeling vir inwoners wat aan Alzheimer se siekte ly, op te knap. Van links is Dawie Brits (voorsitter van ATKV-gesinstak Boksburg), Emmie Herman (bestuurder van die Kowa Pienaar-tehuis) en Pieter Botha (ondervoorsitter).

 

 

 

 

 


ATKV-jeugtak Beiteltjies se fliekniek ’n reuse-sukses

Die Hoërskool Hangklip se ATKV-jeugtak Beiteltjies het ’n fliekniek aangebied. Daar is malvalekkers gebraai, die ATKV-lede het oliebolle verkoop en daar is heerlik fliek gekyk. Die aand is afgesluit met ’n paar draaie op die dansvloer. Van links is Shawnee Blignaut, Chennise van Wyk en Inge Bezuidenhout.

 

 

 

 

 

ATKV-tak Brandervolts bederf pensioentrekkers

Die ATKV-tak Brandervolts in Jeffreysbaai het die pensioentrekkers hier bederf. Daar is heerlik gekuier en Menno Mostert (voorsitter van die ATKV-tak Brandervolts) het die gehoor bederf met ’n voorlesing en sang. Hier is Menno (links) saam met Nadine Scheepers (tesourier).

 

 

 

Nuwe bestuur vir ATKV-tak Port Elizabeth gekies

Die nuwe bestuur van die ATKV-tak Port Elizabeth is van links Goofey Fouché, Elmarie Fouché, Heinrich Muller en Elda Kruger (streekorganiseerder van die ATKV in die Oos-Kaap).

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF