NUUS

Muziqanto-wenner wen gesogte beurs, op pad na Duitsland

Palesa Malieloa (24), die algehele wenner van die nasionale klassiekesangkompetisie, ATKV-Muziqanto in 2016, se loopbaan gaan van krag tot krag.

Sy is die wenner van ’n gesogte beurs om ’n jaar lank by die Duitse tenoor Josef Protschka aan die Hochschule für Musik und Tanz Köln in Duitsland te leer.  

Die Hochschule für Musik und Tanz Köln is een van die wêreld se  voorste uitvoerende kunsteskole en een van die grootste tersiêre musiekonderriginstansies in Europa met drie kampusse: Cologne, Wuppertal en Aachen.

Voordat sy egter in Oktober na Duitsland vertrek, is sy deur die Academy of the Festival d’Aix genooi om in Junie aan hul Mozart-opleidingsprogram in Aix-en-Provence, in die suide van Frankryk, deel te neem. 

Hierdie opleidingsprogram sluit onder meer meestersklasse met stemafrigters en ’n bewegingsregisseur in.

Vir meer inligting oor Muziqanto klik hier

 

 

 

 

 

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF