NUUS

Kom kuier saam met skrywer Sophia Kapp

Wat kan lekkerder wees as om saam met een van jou gunsteling-skrywers oor ’n glasie wyn en heerlike eetgoed te kuier en op die koop toe gratis ook?

Die ATKV, LAPA Uitgewers en Exclusive Books bied op 16 Maart ‘n geselligheid by Brooklyn Mall aan. Kom geniet ’n ligte vingerete en kom gesels oor ’n glasie wyn geborg deur Porcupine Ridge met die skrywer Sophia Kapp. 

Sophia skryf oor die liefde, oor alle aspekte daarvan: die opwinding en die seer; die maklik en die swaar; die lig en die donker. Haar heldinne is vroue wat verstaan dat verhoudings nooit maklik of eenvoudig is nie en dat die lewe soms meer uit ’n vrou tap as wat sy het om te gee. Maar dis ook vroue wat onwrikbaar glo in die liefde, wat weet dat dit in hulle oorleef en gedy, ten spyte van al die swaarkry, en dat vervulling lê in wat hulle is en nie in wat hulle kry nie. Daar is altyd hoop, en daar is altyd lig.

Sophia se eerste liefdesroman – Die erflating – is in 2007 gepubliseer en is met die ATKV-Woordveertjie vir liefdesromans bekroon. Sy het dieselfde toekenning vir Huis van die wind en Driehoek ontvang.

Oorlewingsgids vir ʼn bedonnerde diva is Sophia se negende boek en Moeilikheid met ’n meermin haar eerste Romanza.

Kom kuier saam op 16 Maart om 18:00 vir 18:30 by Con Amore, Brooklyn Square, op die hoek van Veale- en Fehrsenstraat, New Muckleneuk, Pretoria.

RSVP voor 13 Maart by doretv@lapa.co.za of bel haar by 012 401 0702.

 

 

| Terug

SOEK

KATEGORIES

ARGIEF