NUUS

Lees verseker volhoubare gemeenskappe

’n Gemeenskap wat lees is ’n volhoubare gemeenskap. Daarom belê die ATKV in die stig van ATKV-leeskringe om boeke na mense te neem wat dit nie andersins sou kon bekostig nie of nie toegang tot biblioteke het nie.

Anzil Kulsen se werk in die Noord-Kaap het al verskeie suksesverhale opgelewer en die ATKV het daarom besluit om die leeskringe na die res van die land uit te brei. Die doel van hierdie leeskringe is om mense (weer) lief te maak vir lees en mense bloot te stel aan Afrikaanse skrywers. Daarmee word gehoop dat ’n positiewe leeskultuur ook die skrywers sal ondersteun as hulle boeke aangekoop word.

’n Leeskring bestaan uit maksimum tien lede en daar word vir elke lid ’n boek aangekoop. Die doel is dat die leeskring gereeld bymekaarkom om die boeke te bespreek. Daar is sal ook per geleenthede skrywers na die leeskringe toe genooi word om die boeke en die skrywers te bemark.

Die ATKV is nou al ‘n jaar besig met loodsprojekte in Atlantis en Bloemfontein en het nou die leserspubliek se insette nodig om ons projek nog verder te verfyn. Die ATKV is dankbaar vir al die kommentaar en e-posse in die verband. Laat hoor gerus van jou deur ons amptelike sosialemediakanale of stuur ‘n e-pos na renez@atkv.org.za.

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF