NUUS

Temas vir ATKV-Redenaars 2018 bekend

’n Maand terug het raakpraters nog sake uitgespook om as die beste redenaar in die land gekroon te word, en nou is dit weer tyd om aan volgende jaar se toesprake te werk.

Johan Esterhuizen, bestuurder: ATKV-jeugprojekte, sê die ATKV-redenaarsorganiseerders het behoorlik oor die temas vir 2018 kopgekrap.

"Ons is opgewonde oor volgende jaar se kompetisie en ons is daarvan oortuig dat daar weer puik toesprake gelewer sal word."

Die temas is soos volg:

GRAAD 1 – 3

  • goud
  • druppeltjies
  • miere

GRAAD 4 – 5

Huistaal en Addisionele Taal

  • smaak
  • vingers
  • drup

GRAAD 6 – 7

Huistaal en Addisionele Taal

  • Uurglas
  • Hoop
  • Teken

GRAAD 8 – 9

Huistaal en Addisionele Taal

  • Hekkies
  • Simbool
  • Tralies

Graad 10 – 12

Huistaal en Addisionele Taal

  • Agenda
  • Baan
  • Kluis

 

BAIE BELANGRIK

Uit die tema moet ’n onderwerp geformuleer word wat ’n standpunt bevat en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Met ander woorde dit is ’n beredeneerde toespraak en nie ’n praatjie nie

Belangrik: Indien toesprake van vorige jare en/of gedupliseerde toesprake gelewer word, sal deelnemers gepenaliseer word.

Hou die ATKV se webwerf dop vir die ATKV-Redenaarsbrojure en meer inligting oor die 2018-kompetisie.

 

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF