NUUS

ATKV-Tienertoneel 2017: H/S Tygerberg kraai koning

Die Hoërskool Tygerberg wat vanjaar met twee produksies in die ATKV-Tienertoneelfinaal gespog het, het sy uitstekende prestasie voortgesit toe die produksie, Innie Selle, Saterdagaand in die Kunstekaapteater as die wenner gekroon is.

Innie Selle handel oor die lewe van bendelede in die tronk en is deur Pieter Nel geskryf. Pieter en en Frans Hamman was die regisseurs.

Kort op hul hakke was die meisies van die Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch met Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed].

In die derde plek was die Afrikaanse Hoër Seunskool met Plekke!

Hier volg die volledige lys van benoemings en pryswenners:

Die ATKV moedig die skep van nuwe tekste aan wat gehore kan aanspoor om weer én meer die teater te besoek, asook die daarstelling van goeie, opvoerbare, nuwe eenbedrywe vir skole. Bykans 100 nuutgeskrewe Tienertoneeltekste van 2016 is deur die loop van die jaar deur Wim Vorster en Ilse Oppelt beoordeel om die beste nuutgeskrewe Tienertoneeltekste te bepaal.  

In die derde plek is Lesley Swart vir POLS. Sy ontvang ’n ATKV-brons-erepenning en R1 000 prysgeld. Die naaswenner is Rita Liversage vir La Plastique wat verlede jaar na die nasionale finaal deurgedring het. Sy ontvang ’n ATKV-silwer-erepenning en R3 000 prysgeld.  

Die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks word hierdie jaar toegeken aan André Gerber vir FRAGMENT. Hy ontvang R5 000 en ’n goue ATKV-erepenning. FRAGMENT was die wenproduksie van verlede jaar se kompetisie en het ook tydens die Klein Karoo- Nasionale Kunstefees ’n uitstekende speelvak gehad.

Die benoemings vir die beste klankoperateur was:
•    Christo van Schalkwyk van die Hoërskool Zwartkop se Min of meer.
•    Courtney Weideman van Helpmekaar Kollege se Die Mensfabriek.
•    Jan-Daniël Naudé van die Afrikaanse Hoër Seunskool se Plekke!
•    Morné Smith van die Hoërskool Tygerberg se Sewentien.

Vir uitsonderlike beplanning, fokus en aanpasbaarheid is die beste klankoperateur vanjaar Christo van Schalkwyk van die Hoërskool Zwartkop.

Die benoemings vir die beste beligtingsoperateur was:
•    Brandon Dippenaar van die Afrikaanse Hoër Seunskool se Plekke!
•    Lourens van den Berg van die Hoërskool Eldoraigne se Prediker 3.
•    Mithanielle Neels van die Sekondêre Skool Heatherdale se Mans genoeg?
•    Marguerite Kruger van die Hoër Meisieskool Bloemhof se Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed].

Die toekenning vir die beste beligtingsoperateur gaan aan Brandon Dippenaar van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Die benoemings vir die beste verhoogbestuurder was:
•    Handré Petzer van die Hoërskool Tygerberg se Sewentien.
•    Mia Burger van Helpmekaar Kollege se Die Mensfabriek.
•    Stephanie Malherbe van die Hoër Meisieskool Bloemhof se Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed].
•    Zandelie Trollip, Steven Cohoe, Justin Burger, Franshua Kennis en Lucas Louw van die Hoërskool Parel Vallei se Kopskoot.

Die hele tegniese span van die Hoërskool Parel Vallei ontvang dié toekenning vir beste verhoogbestuur Zandelie Trollip, Steven Cohoe, Justin Burger, Franshua Kennis en Lucas Louw.

Die benoemings vir die beste hantering van tegniese aspekte was
•    Die Afrikaanse Hoër Seunskool vir Plekke!
•    Die Hoër Meisieskool Bloemhof vir Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed].
•    Die Hoërskool Durbanville vir Die eindelose konstellasies – ’n gedagtedroom.
•    Die Hoërskool Jan van Riebeeck vir Die niks.
•    Die Hoërskool Tygerberg vir Innie selle.

Vir die ontwerp én bogemiddelde uitvoering van alle tegniese aspekte gaan die toekenning aan die Hoër Meisieskool Bloemhof vir Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed].

Die benoemings vir die beste ensemblewerk was:
•    Die Eindelose Konstellasies – ’n gedagtedroom van die Hoërskool Durbanville.
•    Innie selle van die Hoërskool Tygerberg.
•    Blessings van die Hoërskool Stellenbosch.
•    Plekke! van die Afrikaanse Hoër Seunskool.
•    Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed] van die Hoër Meisieskool Bloemhof.

Die wenensemble van 2017 is Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed] van die Hoër Meisieskool Bloemhof.

Die benoemings vir mees belowende spel in ’n rol deur ’n meisie tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal 2017 was:
•    Abigail Wagner as Muriel in die Hoërskool Zwartkop se Min of meer.
•    Emma van der Walt as Ané in die Hoërskool Zwartkop se Hospitaal 224.
•    Milandie Viljoen as mevrou du Bois in Helpmekaar Kollege se Die Mensfabriek.
•    Ziné Ebersöhn vir haar spel in die Hoër Meisieskool Bloemhof se Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed].

Hierdie prys word gedeel deur Milandie Viljoen van Helpmekaar Kollege se Die Mensfabriek en Abigail Wagner van Hoërskool Zwartkop se Min of meer.

Die benoemings vir die mees belowende spel in ’n rol deur ’n seun was:
•    Aldriano Fischer in die Sekondêre Skool Heatherdale se Mans genoeg?
•    Christian Muller in Selborne College se Rondo.
•    Dylan Lee as Bobby in die Afrikaanse Hoër Seunskool se Plekke!
•    Luke Swanepoel as Winter Louw in die Hoërskool Stellenbosch se Blessings.

Die wenner is Dylan Lee as Bobby in die Afrikaanse Hoër Seunskool se Plekke!

Die benoemings vir die beste aktrise in ’n ondersteunende rol was:
•    Jeanne-Marie Koekemoer as Muriel Louw in die Hoërskool Stellenbosch se Blessings.
•    Janke Mostert as Elna Louw in die Hoërskool Stellenbosch se Blessings.
•    Jana Liebenberg vir haar spel in die Hoër Meisieskool Bloemhof se Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed].
•    Talyah Greyling vir haar spel in die Hoër Meisieskool Bloemhof se Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed].
•    Tarien Venter vir haar spel in die Hoër Meisieskool Bloemhof se Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed].

Die toekenning  gaan aan Jeanne-Marie Koekemoer van die Hoërskool Stellenbosch se Blessings.

Die benoemings vir die beste akteur in ’n ondersteunende rol was:
•    Edja Meyer vir sy rolle in die Hoërskool Tygerberg se Innie Selle.
•    Kyle Esterhuysen vir sy spel in die Hoërskool Tygerberg se Innie Selle.
•    Kyle Jonker as Daniël in die Afrikaanse Hoër Seunskool se Plekke!
•    Reinhardt Prinloo as Ruben in die Afrikaanse Hoër Seunskool se Plekke!
•    Thian Reynders as verpleër Du Bois in die Hoërskool Zwartkop se Hospitaal 224.
•    Zane Sauls as Gangster 7.1; kinderprostituut in die Hoërskool Tygerberg se Innie Selle.

Edja Meyer van Hoërskool Tygerberg is aangewys as die beste akteur in ’n ondersteunende rol vir sy spel in Innie selle.

Die benoemings vir die beste aktrise in ’n hoofrol was:
•    Alexa le Roux as Maria Roos in die Hoërskool Durbanville se Die eindelose Konstellasies – ’n gedagtedroom.
•    Jana van der Merwe as Rachelle Louw in die Hoërskool Stellenbosch se Blessings.
•    Laris Gomez as Ragel in die Hoërskool Jan van Riebeeck se Die niks.
•    Mieke Fabel as Martel Minnar van die Hoërskool Durbanville se Die eindelose konstellasies – ’n gedagtedroom.
•    René Cloete vir verskeie rolle in die Hoër Meisieskool Bloemhof se Wag, ek kry net gou my foon [en soos sulke goed].

Die beste aktrise in ’n hoofrol is Laris Gomez van die Hoërskool Jan van Riebeeck. 

Die benoemings vir die beste akteur in ’n hoofrol was:
•    Adriaan Havenga as Jattie in die Hoërskool Monument se mý Suid-Afrika: ’n openbaring.
•    Bernard Lubbe as Wolfie in die Hoërskool Zwartkop se Hospitaal 224.
•    Jay-D Saunderson vir verskeie rolle in die Hoërskool Tygerberg se Innie selle.
•    Stefan le Roux as Jacobus in die Hoërskool Parel Vallei se Kopskoot.
•    Wilco Meyer as Ruan in die Hoërskool Zwartkop se Hospitaal 224.
•    Xander Venter as Alexander in die Hoërskool Parel Vallei se Kopskoot.
•    Zinedine Manus vir verskeie rolle in die Hoërskool Tygerberg se Innie selle.

In hierdie kategorie gaan die toekenning aan Adriaan Havenga van die Hoërskool Monument.

Die benoemings vir die beste regisseur was:
•    André Gerber en Anél Joubert vir Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed] van die Hoër Meisieskool Bloemhof.
•    Philip Rademeyer en Stephanie Gericke vir Die niks van die Hoërskool Jan van Riebeeck.
•    Pieter Nel en Frans Hamman vir Innie selle van die Hoërskool Tygerberg.
•    Ronél de Beer, Adéle McLachlan, Hybré Schoeman en Willem Pretorius vir Plekke! van Die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Die beste regisseur van ATKV-Tienertoneel 2017 is André Gerber en Anél Joubert vir Wag, ek kry gou my foon [en soos sulke goed].

Ongeveer 3 000 hoërskoolleerders het vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem. 
Dié toneelstukke is tydens 11 streeksfeeste beoordeel en 15 toneelgeselskappe het hierdie week hul bes en meer gegee tydens die finaal.  

Die finaliste was:
•    Die Afrikaanse Hoër Seunskool met Plekke!
•    Heatherdale Sekondêre Skool met Mans genoeg?
•    Helpmekaar Kollege met Die Mensfabriek
•    Hoër Meisieskool Bloemhof met Wag, ek kry gou my foon [en sulke goed]
•    Hoërskool Durbanville met Die Eindelose Konstellasies – ’n gedagtedroom
•    Hoërskool Eldoraigne met Prediker 3
•    Hoërskool Jan van Riebeeck met Die niks
•    Hoërskool Monument met mý Suid-Afrika: 'n openbaring
•    Hoërskool Parel Vallei met Kopskoot
•    Hoërskool Stellenbosch met Blessings
•    Hoërskool Tygerberg met Sewentien
•    Hoërskool Tygerberg met Innie selle
•    Hoërskool Zwartkop met Meer of min
•    Hoërskool Zwartkop met Hospitaal 224
•    Selborne College vir Rondo


 

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF