NUUS

300 'krygers' sweet behoorlik vir ’n goeie doel

Die ATKV-jeugtak Jonge Bomme het Saterdag met hul Krygerswedloop nie net geld vir die Kids Haven-kinderhuis ingesamel nie, maar wou ook leerlinge aanmoedig om ’n gesonde leefstyl te handhaaf.

Met drie verskillende roetes (800m, 2.5km en 5km) op die terrein van die Hoërskool Hugenote in Springs het hulle die sowat 300 deelnemers behoorlik laat sweet.

Volgens Anja van Zyl, ondervoorsitter van die ATKV-jeugtak Jonge Bomme, wou hulle vir leerlinge die geleentheid bied om teen mekaar mee te ding en hul passie vir avontuur uit te leef.

Die geld wat ingesamel is, gaan gebruik word om die groentetuin van die kinderhuis groter te maak.

Vir die wat nie so avontuurlustig was nie, was daar ’n biertuin (natuurlik vir die bo-18's), plaaslike kunstenaars en stalletjies. 

Klik hier vir ’n fotogalery.

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF