NUUS

Finaliste vir ATKV-Rieldansfinaal 2017 aangewys

Dit was weer ’n tawwe ATKV-Rieldanskompetisie op die oewer van die Clanwilliamdam toe 30 rieldansgroepe mekaar die stryd tydens die semifinale ronde aangesê het. Altesaam 12 groepe is gekies en vanjaar gaan die o.14-wenners ook by die finaal aangewys word.

Die groepe wat sake tydens die ATKV-Rieldansfinaal op 2 Desember in die amfiteater van die Afrikaans Taalmonument, Paarlberg, gaan uitspook, is soos volg:


Junior o.14's:
Vierde: Betjies Rooistomp-rieldansers (Elizabethfontein)
Derde: Uitsig-stoftrappers (Uitsig, Kaapstad)
Tweede: Roggeveld-rieldansers (Calvinia)
Wenner: G.B. Batt-stofskoppers (Die Koo in die Montagu-distrik)

Junior o.20's
Vierde: Tiervlei-rieldansers (Ravensmead)
Derde: Griekwa-Knersvlakte-rieldansers (Vredendal)
Tweede: Calvinia-sitstappers (Calvinia)
Wenner: Brandvlei-stofskoppers (Brandvlei)

Seniors
Vierde: Bitterfontein- tradisionele rieldansers (Bitterfontein)
Derde: Witzenberg-rieldansers (Ceres)
Tweede: Calvinia-sitstappers 2 (Calvinia)
Wenner: Boesmanland-Bitterbessies (Loeriesfontein)

Die 2016-wenners in die verskillende afdelings, Betjies Rooirots (Seniors), die Betjies van Betjiesfontein (Juniors) en die Griekwa-Hiënas van Vredendal (o.14's), sal hul titel kom verdedig.

Hekke vir die finaal open om 15:00 en die hoofprogram begin om 18:00. Die seremoniemeester vir die aand is niemand anders nie as Hemelbesem. Kaartjiepryse wissel tussen R60 en R110 en kaartjies is op Computicket beskikbaar.

Geen kosmandjies word toegelaat nie, maar daar sal wel kosstalletjies met heerlike eetgoed wees.

Vir meer inligting bel vir Benjamin Bock by 021 880 1761.

 


 

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF