NUUS

ATKV-tak Glencoe bederf 'super-onderwysers'

Die jaar staan einde se kant toe en baie onderwysers trek swaar. Reëlings vir die prysuitdelings hou nie op nie, die leerders sit party dae rêrig op hul ore en baie merkwerk lê voor.

Die onderwysers van die Primêre Skool Biggarsberg het egter ’n huppel in hul stap nadat die ATKV-tak Glencoe hulle met geskenkies bederf het as erkenning vir die wonderlike werk wat hulle doen.

’n Geskenkpak met ’n Taalgenoot, skryfbehoeftes en ’n sjokolade vir die "super-onderwysers" is met ope arms verwelkom.

"Ons waardeer dit opreg dat die ATKV-tak Glencoe by ons kom kuier het en raaksien wat ons vermag en aan ons erkenning gee," sê die skoolhoof, Lynn Burger.

Volgens Dorea Coetzee van die ATKV-tak Glencoe was dit ’n wonderlike gevoel om die geskenkpakkies uit te deel en hul waardering te wys.

 

 

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF