NUUS

ATKV-Spelathonfinaliste is nie bang vir moeilike woorde nie

“Dit is nie net noodsaaklik om reg te kan spel nie, maar kompetisies soos die ATKV-Spelathon maak dit ook vir leerders lekker om te spel,” sê René Zietsman, projekorganiseerder in die ATKV se taalafdeling. Woorde soos dag-en-nag-ewening, kaas-en-wyngeselligheid, haakwurmbesmetting en tipe A-persoonlikheid is onlangs aan die slim finaliste van dwarsoor die land gevra om die ATKV-Spelathon se spelkampioene te bepaal.

 

In die afdeling vir Afrikaans as huistaal graad 9 en graad 10 is die uitslae soos volg:



Graad 9 HT

1ste plek: Tatum du Plessis (Hoërskool Noord-Kaap, middel)

2de plek: Ilze van der Merwe (Hoërskool Sentraal, links)

3de plek: Lucille Carmen Bray (die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad, regs)

Graad 10 HT

1ste plek: Nadia Havenga (Hoërskool Sentraal, middel)

2de plek: Ingrid Groenewald (Hoërskool Ferrum, links)

3de plek: Elné Steyn (Hoërskool Duineveld, regs)

 

In die afdeling vir Afrikaans as addisionele taal graad 9 en graad 10 is die uitslae soos volg:

Graad 9 EAT

1ste plek: Nqobile Khoza (Hoërskool Patriot, middel)

2de plek: Faaria Mullah (Rustenburg Girls High School, links)

3de plek: Waylin van Wyk (Bethelsdorp Comprehensive School, regs)

Graad 10 EAT

1ste plek: Jessica Beukes (Hoërskool Pearson, middel)

2de plek: Sethabile Mchunu (Hoërskool Ferrum, links)

3de plek: Silje Fredericks (Hoërskool Noord-Kaap, regs)                                                   

Afrikaans word nie in isolasie gepraat nie, maar die taal is deel van ’n meertalige Suid-Afrika. Die ATKV se aktiwiteite en projekte is daarom daarop gerig om Afrikaans op ’n inklusiewe en kreatiewe wyse te bevorder. Dit strek van die Rieldans (die oudste dansvorm in Suid-Afrika), koorkompetisies, toneelkompetisies vir tieners, Filmverse (unieke kombinasie van animasie en digkuns), olimpiades vir Afrikaans, spelkompetisies, leesprojekte, redenaars- en debatkompetisies tot toekennings vir uitmuntende kreatiewe skryfwerk (ATKV-Woordveertjies) en joernalistiek (ATKV-Mediaveertjies).

Skakel gerus vir René Zietsman by 011 919 9094 of stuur ’n e-pos na renez@atkv.org.za vir meer inligting oor die ATKV-Spelathon.

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF