NUUS

Bennie Bierman, jou bydrae sal vir ewig onthou word

Die  ATKV verneem met leedwese van die afsterwe van Bennie Bierman, eertydse hoof van die SAUK se musiekdepartement.

Netwerk24 berig dat Bennie sedert Augustus probleme met sy gesondheid gehad het en dat hy Maandag in die vroeë oggendure gesterf het.

Bennie het ’n enorme bydrae tot kultuur gelewer. Hy was veral betrokke by die ontwikkeling en instandhouding van kerkmusiek in Suid-Afrika.

Bennie het jare lank ’n baie nou pad saam met die ATKV gestap. Vanweë sy inisiatief het die ATKV-musiekprojek, Crescendo, en die destydse klassiekemusiekkompetisies, Forte en Prelude, onder meer ontstaan. Hy was ook verder betrokke by die ATKV-Koorfees (die destydse nie-moedertalige koreprojek van die ATKV).

Die ATKV gaan vandag nog voort met dié belangrike werk op al hierdie terreine, danksy Bennie se bydrae.

Bennie Bierman is ook in 2015 deur die ATKV bekroon vir sy lewenslange bydrae tot kultuur.

Rus in vrede, Bennie.

 

 

 

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF