NUUS

ATKV-Rieldansstreeksfeeste: Dié groepe dring deur

Daar is die afgelope paar naweke in onderskeidelik Williston en Bitterfontein geriel dat die stof so staan.

Tydens die streeksfees in Williston het groepe van Britstown, Vosburg, Carnarvon, Brandvlei, Loeriesfontein, Nieuwoudtville, Vredendal en Calvinia met hul voetwerk kom spog.

Die uitslae was soos volg:

o.14's
Boesmanland Bitter Aalwyne van Loeriesfontein
Rebunie Elfies van Calvinia
Vredendal Stoftrappers van Vredendal
Brandvlei Souttrappers 1 van Brandvlei
Vorentoe Trappers van Calvinia

o.20's
Brandvlei Stofskoppers 1 van Brandvlei
Rooibos Rieldansers van Nieuwoudtville
Brandvlei Souttrappers 1 van Brandvlei
Rypwind van Carnarvon
Roggevelders van Calvinia.

Tydens die Bitterfonteinstreeksfees is die volgende spanne gekies om deur te dring na die kwarteindronde:

o.14's

Griekwa Rieldansers
Betjies Kwarteltjies
Klipblom – Fraserburg
Betjies Klip-Op-Mekaar
Grietjie se Kind – Garies

o.20's

Lekker Ou Jan – Garies
Betjies Sederrieldansers
Betjies van Betjiesfontein
Bitterfontein Tradisionele Rieldansers
Roodewal Rielvastrappers

Die kwarteindronde van die ATKV-Rieldanskompetisie vind op 25 Augustus om by die Vredendal-Noord-sportterrein plaas. Toegangsgeld is R20 vir volwassenes, R10 vir kinders en R10 per voertuig. Promosie-artikels se te koop aangebied word. Vir meer inligting skakel vir Benjamin Bock by 021 880 1761 of 074 235 2635.

 

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF