NUUS

Dood van ATKV-lid spoor ATKV-tak Voorspoed aan om vlei mooi te maak

Die afsterwe van een van die ATKV-tak Voorspoed in Kaapstad se lede het so ’n groot impak op dié tak gehad dat hulle nou haar nagedagtenis deur ’n gemeenskapsprojek eer.

Dié tak het verlede naweek almal afgesit na die Princessvlei, vyf minute vanwaar Rokeya Daniels vir 50 jaar gebly het. Rokeya is verlede jaar oorlede.

Gewapen met klein boompies en grawe het hul aan die werk gespring en ’n klompie bome in ’n sirkel geplant.

’n Plaaslike gemeenskapsforum wat ’n oog oor die vlei hou, beplan om twee bankies in die middel van die sirkel bome te plaas. Die idee is dat mense kan wegbreek van die dolle stadsgejaag en ’n oomblik van stilte kan geniet.

Dié tak dink ook daaraan om weer met dié forum hande te vat om die vlei skoon te maak.

* Nog foto's is op ATKV-Kletswerf beskikbaar. Die ATKV-Kletswerf is ’n kommunikasieplatform wat jou op die hoogte van alle ATKV-nuus hou. Jy kan die ATKV-Kletswerf op jou foon of jou rekenaar aflaai. Besoek die Google Play Store (op android) of die App Store (vir iPhones of iPads), tik “ATKV” in die soekveld in en laai Kletswerf af. Om Kletswerf op jou rekenaar af te laai volg dié skakel: https://d6.co.za/business/download/ .

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF