NUUS

ATKV-Applous 2018: Tien top- junior kore bekend

Die tien top- junior kore van ATKV-Applous is bekend en as ’n mens na die puntestand kyk, is een duidelik: Die koorlede staan nog in hul kinderskoene, maar hoef nie ’n tree terug te staan vir hul senior eweknieë nie.

Volgens Johan Esterhuizen, bestuurder: ATKV-Jeugprojekte, het 52 junior kore hulle ingeskryf. "Afgesien van die tien topkore is daar kore wat die lys met so min as ’n 0.1 nie gehaal het nie."

Die uitslae is soos volg:

1.    Laerskool Anton van Wouw in Pretoria. Koorleier –  Riekie van Aswegen
2.    Laerskool Kruinsig in Pretoria. Koorleier – Antoinette Nightingale
3.    Laerskool Pretoria-Oos in Pretoria. Koorleier – Elana Neethling
4.    Johannesburg Prep School in Randburg. Koorleier – Pieter Kruger
5.    Laerskool Kragbron in Witbank. Koorleier – Victor Snyders
6.    Laerskool Mooirivier in Potchefstroom. Koorleier – Michelle Hendriks
7.    Laerskool Pietersburg-Oos in Polokwane. Koorleier – Rita Erasmus
8.    Laerskool De Kuilen in Durbanville. Koorleier – Mildred Dreyer
9.    Voorbereidingskool Fanie Malan in Upington.  Koorleier – Christi Engelbrecht
10.  Laerskool Baanbreker in Boksburg. Koorleier – Monique Engelbrecht
10.  Laerskool Eversdal in Durbanville. Koorleier – Annerine Burger

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF