NUUS

ATKV-Tienertoneel 2018: Dié toneelstukke dring deur na finaal

Die tyd vir naels kou, is verby. Nadat bykans 200 Tienertoneelproduksies die afgelope paar weke hul slag op die verhoog gewys het, is dit uiteindelik tyd om aan te kondig watter produksies dié jaar sake in die finaal gaan uitspook. 

Die produksies wat deurdring na die finaal is soos volg: 

Windhoek Gimnasium – [v]as
Hoërskool Noordheuwel – Anna-Maria Davidtz van Dik-Daan van Diepgezet
Hoërskool Wilgerivier – Christmas Shopping
Potchefstroom Gimnasium – Dierepubliek
Potchefstroom Gimnasium – Duskant Vlees(baai)
Hoërskool Eldoraigne – Eden
Helpmekaar Kollege – Gesertifiseer: Die musical
Hoërskool Louis Trichardt – Ink
Afrikaanse Hoër Seunskool – Klub SINK
Hoërskool Tygerberg – Mister M en sy Mense
Hoërskool Zwartkop – Paradysstraat (alles behalwe 'n musical)
Hoërskool Martin Oosthuizen – Sirkus
Hoërskool Hugenote – Skote
Hoër Meisieskool Bloemhof – tot stof | tot stilte
Hoërskool Tygerberg – Vlot ter See
      
Slegs leerders-produksies:     
Helpmekaar Kollege – Net Nóg Een
Hoërskool Tygerberg – Toneel vir my
Hoërskool Noordheuwel – Tot die dood ons skei
Hoërskool Eldoraigne  – WAT!? – ’n Absurde drama          

Die ATKV-Tienertoneelfinaal vind van 1 tot 5 Oktober by die Roodepoort-teater plaas. 

Kaartjies is by www.webticket.co.za beskikbaar. Bespreek jou kaartjie so gou as moontlik – sitplekke is beperk! Die volledige program is hier beskikbaar. 

Van 1 tot 4 Oktober begin die program elke aand om 17:00 en vier tot vyf produksies sal in aksie wees. Kaartjies kos R100. 

Op 5 Oktober sal die vyf topproduksies vanaf 17:00 op die verhoog wees. ’n Kaartjie sal jou net R150 uit die sak jaag. 

Die prysuitdeling vind op 6 Oktober om 10:00 by die UJ-teater plaas en is slegs vir die deelnemers. 

Die wenproduksie sal prysgeld van R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee ontvang. Die naaswenner ontvang R20 000 en die toneelgroep wat in die derde plek aangewys word, ontvang R10 000. Die beste produksie in die nuwe afdeling vir slegs hoërskoolleerders (produksies waarvan die hele geselskap [die regisseur(s), skrywer(s), spelers en tegniese personeel] almal hoërskoolleerders is), sal ook aangewys word en R10 000 se prysgeld ontvang.
 

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF