NUUS

Al die wenners van die ATKV-Tienertoneelfinaal 2018


Die Hoër Meisieskool Bloemhof is as die wenners van die ATKV-Tienertoneelfinaal van 2018 aangewys.

Jong voornemende teatermakers het die afgelope week die Roodepoortteater se verhoog warm gespeel, gehore vermaak, ontroer en bekoor om uiteindelik ’n kans te staan om as die wenner van die 54ste ATKV-Tienertoneelfinaal gekroon te word. Die beoordelaars het behoorlik kopgekrap, maar uiteindelik het die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch hulle die meeste met hul produksie tot stof l tot stilte – ’n paniekreaksie beïndruk.

Die produksie in die tweede plek is Eden (foto onder), aangebied deur die Hoërskool Eldoraigne van Centurion. Die Hoërskool Tygerberg van Kaapstad is as die derdeplekwenner met Vlot ter see aangewys.

In ’n splinternuwe afdeling vir ’n hele Tienertoneelgeselskap – van die regisseur, skrywer, spelers en die tegniese operateurs – wat uit slegs hoërskoolleerders bestaan, het Helpmekaar Kollege van Johannesburg se NET NÓG EEN koning gekraai. Die ATKV het die afdeling gevestig om ’n skeppende gees onder die leerders aan te moedig. Die positiewe gevolg was dat 23 toneelstukke in hierdie splinternuwe afdeling deelgeneem het, waarvan vier produksies na die finaal genooi is.

Die wengroep ontvang R30 000, die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee en ’n speelvak tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees van 2019. Die naaswenner ontvang

R20 000. Die toneelgroep wat in die derde plek aangewys is, ontvang R10 000. Die beste produksie deur slegs leerders ontvang prysgeld van R10 000.

Die 19 produksies wat na die ATKV-Tienertoneelfinaal uitgenooi is, het tydens 11 ATKV-Tienertoneelstreeksfeeste en 195 produksies gewys wat in hul steek om saam met die beste van die bestes te kom meeding.

Die finaliste was:

  • Afrikaanse Hoër Seunskool met Klub SINK
  • Helpmekaar Kollege met NET NÓG EEN*
  • Helpmekaar Kollege met GesertifiSEER: Die Musical
  • Hoër Meisieskool Bloemhof met tot stof l tot stilte – ’n paniekreaksie
  • Hoërskool Eldoraigne met Eden
  • Hoërskool Eldoraigne met WAT!? – ’n Absurde drama*
  • Hoërskool Hugenote met Skote
  • Hoërskool Louis Trichardt met Ink
  • Hoërskool Martin Oosthuizen met Sirkus
  • Hoërskool Noordheuwel met Anna-Maria Davidtz van Dik-Daan van Diepgezet
  • Hoërskool Noordheuwel met Tot die dood ons skei*
  • Hoërskool Tygerberg met Mister M en sy Mense
  • Hoërskool Tygerberg met Toneel vir my*
  • Hoërskool Tygerberg met Vlot ter see
  • Hoërskool Wilgerivier met Christmas Shopping
  • Hoërskool Zwartkop met Paradysstraat (alles behalwe ’n musical)
  • Potchefstroom Gimnasium met Dierepubliek
  • Potchefstroom Gimnasium met Duskant Vlees(baai)
  • Windhoek Gimnasium met Vas

* Ding mee in die afdeling vir slegs leerders.

Die beoordelaars tydens die finaal was Ismail Mahomed, Gerben Kamper, Ira Blanckenberg, Tara Notcutt, André Stolz en Marlo Minnaar.

Tienertoneelteksprys

Die doel van die Tienertoneelteksprys is die daarstelling van goeie, nuwe opvoerbare eenbedrywe vir skole. Al die nuutgeskrewe tekste wat ingeskryf word vir ATKV-Tienertoneel kom ook in aanmerking vir die prys vir die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks van die volgende jaar. Wim Vorster en Ilse Oppelt het 102 nuutgeskrewe tekste van 2017 deur die loop van 2018 beoordeel.

Die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks is hierdie jaar aan Johann Smith vir Plekke! toegeken. Hy ontvang R5 000 en ’n goue ATKV-erepenning.

Plekke! (aangebied deur die Afrikaanse Hoër Seunskool) het tydens verlede jaar se finaal in die derde plek geëindig. Johann stap egter nie net weg met die eerste plek nie. Hy word ook as die naaswenner aangewys vir Kaleb van Aleppo en ontvang ’n silwer-ATKV-erepenning en R3 000 se prysgeld. In die derde plek is Andries Cilliers vir Die Huis van Dawid. Hy ontvang ’n brons-ATKV-erepenning en R1 000 se prysgeld.

Die benoemings en pryswenners vir die individuele toekennings is soos volg:

Beste klankoperateur:
Benoemings:

  • Dillen Breitenbach van Hoërskool Noordheuwel vir Anna-Maria Davidtz van Dik-Daan van Diepgezet
  • Kyla Serfontein van Hoërskool Tygerberg  vir Mister M en sy Mense
  • Marisca Engelbrecht van Hoër Meisieskool Bloemhof vir tot stof l tot stilte – ’n paniekreaksie
  • Mizanderlé Klynsmith van Helpmekaar Kollege vir NET NÓG EEN

Pryswenner: Marisca Engelbrecht van die Hoër Meisieskool Bloemhof vir tot stof l tot stilte – ’n paniekreaksie

Beste beligtingsoperateur:
Benoemings:

  • Ané Conradie van Hoër Meisieskool Bloemhof vir tot stof l tot stilte – ’n paniekreaksie
  • Dylan Engelbrecht van Hoërskool Tygerberg vir Mister M en sy Mense
  • Pieter Hougaard van Helpmekaar Kollege vir NET NÓG EEN
  • Ruan van der Merwe van Hoërskool Noordheuwel vir Anna-Maria Davidtz van Dik-Daan van Diepgezet
  • Stefan Naudé van Hoërskool Eldoraigne vir Eden

Pryswenner: Ané Conradie van die Hoër Meisieskool Bloemhof vir tot stof l tot stilte – ’n paniekreaksie

Beste verhoogbestuurder:
Benoemings:

  • Chané Lumé van Hoërskool Zwartkop vir Paradysstraat (alles behalwe ’n musical)
  • Lana-Mi de Beer van Hoërskool Noordheuwel vir Anna-Maria Davidtz van Dik-Daan van Diepgezet
  • Wilné Kotzé van Hoërskool Louis Trichardt vir Ink

Pryswenner: Wilné Kotzé van die Hoërskool Louis Trichardt vir Ink

Beste hantering van tegniese aspekte:
Benoemings:

  • Hoërskool Eldoraigne vir Eden
  • Potchefstroom Gimnasium vir Duskant Vlees(baai)
  • Hoërskool Hugenote vir Skote
  • Hoërskool Tygerberg vir Mister M en sy Mense
  • Hoërskool Tygerberg vir Vlot ter see

Pryswenner: Die Hoërskool Eldoraigne vir Eden

Beste ensemblewerk:
Benoemings:

  • Eden van Hoërskool Eldoraigne
  • Klub SINK van die Afrikaanse Hoër Seunskool
  • Mister M en sy Mense van Hoërskool Tygerberg
  • NET NÓG EEN van Helpmekaar Kollege
  • tot stof l tot stilte – ’n paniekreaksie van die Hoër Meisieskool Bloemhof
  • Vlot ter see van Hoërskool Tygerberg

Pryswenner: Eden van die Hoërskool Eldoraigne

Mees belowende spel in ’n rol deur ’n meisie:
Benoemings:

  • Charné Boesak as Sara in Hoërskool Hugenote se Skote
  • Kerscha Titus as Sofie in Hoërskool Tygerberg se Mister M en sy Mense
  • Le-Kesha Campher as ’n lid van die koor in Hoërskool Tygerberg se Vlot ter see
  • Nianca Kempenaar as Clarissa in Helpmekaar Kollege se NET NÓG EEN
  • Siya Faku as Aggie in Hoërskool Tygerberg se Mister M en sy Mense

Pryswenner: Kerscha Titus as Sofie in die Hoërskool Tygerberg se Mister M en sy Mense

Mees belowende spel in ’n rol deur ’n seun:
Benoemings:

  • Albert Retief as Nico in die Afrikaanse Hoër Seunskool se Klub SINK
  • Dewald Coetzee as Kotzé in die Afrikaanse Hoër Seunskool se Klub SINK
  • Eljay Galant as Aden Fortuin in Hoërskool Tygerberg se Mister M en sy Mense
  • Luciano Fredericks as Dean Fortuin in Hoërskool Tygerberg se Mister M en sy Mense
  • Stehan Odendaal in Hoër Meisieskool Bloemhof se tot stof l tot stilte – ’n pnaiekreaksie
  • Wilco Meyer as Villie in Hoërskool Zwartkop se Paradysstraat (alles behalwe ’n musical)

Pryswenner: Stehan Odendaal in die Hoër Meisieskool Bloemhof se tot stof l tot stilte – ’n paniekreaksie

Beste aktrise in ’n ondersteunende rol:
Benoemings:

  • Andrea Walker as ’n dame in WAT!? – ’n Absurde drama
  • Andrea Walker as Karla in Eden
  • Charné Boesak as Sara in Skote
  • Imke Higgo as Lina in NET NÓG EEN
  • Kerscha Titus as Sofie in Mister M en sy Mense
  • Lyndré Kruger as Adelia Roux in GesertifiSEER: Die musical
  • Megan Muller as ’n kelner in WAT!? – ’n Absurde drama
  • Yvonne Mouton as Moira in Mister M en sy Mense

Pryswenner: Charné Boesak as Sara in die Hoërskool Hugenote se Skote

Beste akteur in ’n ondersteunende rol:
Benoemings:

  • Craig Kleingeld as Einstein in die Afrikaanse Hoër Seunskool se Klub SINK
  • Dewald Coetzee as Kotzé in Klub SINK
  • Jan-Daniël Naudé as Ice in Klub SINK
  • Kyle Jonker as GV in Klub SINK
  • Wilco Meyer as Villie in Hoërskool Zwartkop se Paradysstraat (alles behalwe ’n musical)

Pryswenner: Wilco Meyer as Villie in Paradysstraat (alles behalwe ’n musical)

Beste aktrise in ’n hoofrol:
Benoemings:

  • Christi Olivier as Celest in Potchefstroom Gimnasium se Duskant Vlees(baai)
  • Daniellé de Villiers as Klara van der Merwe in Hoërskool Tygerberg se Toneel vir my
  • Emma van der Walt as Moeks de Noir in Hoërskool Zwartkop se Paradysstraat (alles behalwe ’n musical)
  • Minke Marais as Anna-Maria in Hoërskool Noordheuwel se Anna-Maria Davidtz van Dik-Daan van Diepgezet
  • Zandélle Meyer as Olivia in Potchefstroom Gimnasium se Duskant Vlees(baai)

Pryswenners: Minke Marais as Anna-Maria in Anna-Maria Davidtz van Dik-Daan van Diepgezet en Zandélle Meyer as Olivia in Duskant Vlees(baai)

Beste akteur in ’n hoofrol:
Benoemings:

  • Danté Barnard as Vet in Hoërskool Tygerberg se Vlot ter see
  • Ivan Reckling as Zack in Potchefstroom Gimnasium se Duskant Vlees(baai)
  • Robert Kruger as Karel Weidemann in Hoërskool Noordheuwel se Anna-Maria Davidtz van Dik-Daan van Diepgezet
  • Tivan de Villiers as Danie in Hoërskool Hugenote se Skote
  • Valentino Valentyn as Mister M in Hoërskool Tygerberg se Mister M en sy Mense
  • Wian Smit as James in Skote
  • Xander Venter as Rudy  in Hoërskool Louis Trichardt se Ink

Pryswenner: Valentino Valentyn as Mister M in Mister M en sy Mense

Beste regisseur:
Benoemings:

  • André Gerber, Anél Joubert en David Wolfswinkel vir Hoër Meisieskool Bloemhof se tot stof l tot stilte – ’n paniekreaksie
  • Èmil Haarhoff en Barend Mynhardt vir Hoërskool Eldoraigne se Eden
  • Frans Hamman vir Hoërskool Tygerberg se Vlot ter see
  • Marguerite du Bois vir Hoërskool Tygerberg se Mister M en sy Mense
  • Peter Hougaard vir Helpmekaar Kollege se NET NÓG EEN
  • Ronèl de Beer, Adéle McLachan, Hybré Schoeman en Willem Pretorius vir die Afrikaanse Hoër Seunskool se Klub SINK

Pryswenners: Èmil Haarhoff en Barend Mynhardt vir Eden

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF