NUUS

#Heldhaftig: ATKV-tak Sommer net Ons woeker met projekte

takStan Lee, die legendariese medestigter van die bekende Marvel-strokiesprentboeke, het Maandag die tydelike met die ewige verwissel, maar hy sou beslis die helde van die ATKV-tak Sommer net Ons vir van sy strokiesprente kon oorweeg.

Dié tak in Pacaltsdorp, in George, woeker met die een projek ná die ander om in hul onmiddellike omgewing van gewone mense helde te maak.

“Ons het ’n baie besige, maar suksesvolle jaar agter die rug,” vertel Beverley McKelly, takvoorsitter.

Met van ’n Kersfeesproduksie om die gemeenskap se feestyd op te kikker tot ’n leesmarathon en ’n liefdadigheidsprojek, probeer die tak om op alle fronte ’n verskil te maak.

“Ons het ook in samewerking met die Vriende vir Afrikaans (VVA) ’n boektrommelprojek van stapel gestuur en beoog om volgende jaar al die skole in ons omgewing by dié projek te betrek.”

Op die toerismefront het hulle ook ’n projek, Dine with the Locals, waar hulle toeriste aan die veelkleurige inwoners van George voorstel en plaaslike restaurante betrek.

Maar dit is leesbevordering wat vir die tak veral belangrik is.

“Ons het besef daar is ’n agterstand in ons gemeenskap wat leesvaardighede betref en deur ons leesmarathon wil ons weer die liefde vir lees onder kinders en selfs grootmense kweek.”

* Die ATKV maak van gewone mense helde. Sluit vandag nog aan teen net R86 ’n maand of R996 per jaar. SMS 44733* en staan ’n kans om die Fujifilm X-T100-kamera** ter waarde van R12 000 te wen.

* Standaardtariewe geld

** Die kompetisie sluit op 30 November 2018. Bepalings en voorwaardes is hier beskikbaar.

| Terug

SOEK

KATEGORIEË

ARGIEF