NUUS

Argief per kategorie: ONDERWYSTerug
RSS

‘n Fees van onderskeidings vir 2016-matrieks

posted on
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) wens alle leerders wat die 2016 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geslaag het, hartlik geluk.
Lees meer
| Categories: ONDERWYS

ATKV besoek Mpumalanga Onderwysdepartement

posted on
Tydens ’n vergadering in Nelspruit is die ATKV se onderwysprojekte vir die jaar met die distriksbestuurder van die Mpumalanga Onderwysdepartement bespreek. Die onderwysafdeling van die ATKV bevorder ’n kultuur van uitnemendheid in die onderwys deur werkswinkels by skole aan te bied vir leerders, onderwysers, skoolbestuurspanne, skoolbeheerliggame, ouers en administratiewe ondersteuningspersoneel.Op die foto is dr. Annelie Oosthuizen (ATKV-projekorganiseerder: onderwys) saam met me. Lettie Maba...
Lees meer
| Categories: ONDERWYS

Leierskapsontwikkeling by Fleurhof Primêre Skool

posted on
Gedurende Maart 2016 het dr. Annelie Oosthuizen, projekorganiseerder van die ATKV se onderwysafdeling, werkswinkels in leierskapsontwikkeling by die Fleurhof Primêre Skool in Meadowlands aangebied vir die graad 7-leerders. Die ATKV se onderwysafdeling wil leierskapsvaardighede onder leerders in die primêre skool verbeter. Die sessies het ook ten doel om leerders te help om ’n gebalanseerde lewenstyl aan te leer.Op die foto is dr. Annelie Oosthuizen saam met van die graad 7-leerders van Fleurhof...
Lees meer
| Categories: ONDERWYS
Die ATKV se onderwysbeen is sedert 2014 besig met 'n leierskapprojek in die Overbergarea. Story Team, hul bekwame diensverskaffer het vroeg in Maart afgeskop by vier laerskole in die Overbergarea. Ongeveer 760 leerders van Bredasdorp Primêr, BF Oosthuisen en Weltevrede in Barrydale, en Bontebok en VRT Pitt in Swellendam was bereik, en was daar weereens bewys dat ʼn alternatiewe manier van leer baie suksesvol aangewend kan word.
Lees meer
| Categories: ONDERWYS
Die Dissipline begin by die Huis projek is onlangs deur Quinton Adams, Opvoedkundige Sielkundige, in vier gebiede naamlik Delft, Eindhoven, Wesbank en Belhar Uitbreiding 3 aangebied. Hierdie gebiede is geïdentifiseer omdat dit gebuk gaan onder erge bende-aktiwiteite en baie jeugmoorde wat plaasvind in hierdie gebiede.Die opleiding het veral op gemeenskapleiers, ouers en onderwysers gefokus wat die boodskap verder kan versprei. Die opleiding het gevolg op verlede jaar se suksesvolle sertifikaat-f...
Lees meer
| Categories: ONDERWYS, ATKV-Sterskole

Persverklaring, 2015-matriekuitslae

posted on
‘Die verwerwing van ʼn matrieksertifikaat is nie ʼn naelloop nie, maar ʼn marathon van 13 jaar.’ – Me. Angie MotshekgaDie Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) wens alle leerders wat die 2015 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geslaag het, hartlik geluk. Die ATKV is trots op al hierdie leerders en ons gee ook graag erkenning aan alle onderwysers en ouers wat aktief betrokke was en ʼn vormende rol gespeel het in elk van hierdie leerders se lewens, van gr. R regdeur tot gr. 12.Die mini...
Lees meer
| Categories: ONDERWYS

Onderwysbehoeftebepaling

posted on
Die Onderwysbehoeftebepaling gedoen by die ATKV-Eiland Spa en omliggende areas op Dinsdag, 3 November 2015VLNR: Dr. Annelie Oosthuizen (ATKV-projekorganiseerder: Onderwys), Ms. Gladys Mkhari (Skoolhoof: Katekani Primary School), Ms. Ntsako Mhangwana (Skoolhoof: Zava High School), Mnr. Tom Mokhari (Skoolhoof: Kulani Primary School) en Mnr. Bennie Steenkamp (ATKV-Eiland Spa: Oordbestuurder) tydens die vergadering op 3 November 2015 by die ATKV-Eiland Spa.
Lees meer
| Categories: ONDERWYS, ATKV-Onderwyskopskuif

Toekomstige leiers moet hoop verkondig

posted on
Leiers moet hoop verkondig en terselfdertyd ook uitdagings op 'n wyse aanpak, dat dit ander kan oortuig daar is hoop.   "Hoop is die gemene deler wat ryk en arm tot aksie kan laat oorgaan," het Stellenbosch se uitvoerende burgermeester, Conrad Sidego gesê op Maandag, 14 September 2015 tydens 'n ontbyt van die  ATKV by Avontuur wynlandgoed. Die Frederick Van Zyl Slabbert (FVZS) Instituut vir Studente Leierskapsontwikkeling, verbonde aan die Stellenbosch Universiteit het in 201...
Lees meer
| Categories: ONDERWYS

Wêreldonderwysersdag 2015

posted on
Wêreldonderwysersdag word sedert 1994 jaarliks op 5 Oktober in meer as 100 lande gevier om onderwysers te vereer vir hul bydrae tot onderwys en die opvoeding van leerders. Dit is ‘n feit dat die professie van onderwys alle ander beroepe moontlik maak en dus moet die waardevolle rol wat toegewyde onderwysers speel in die vorming van leerders beklemtoon en erken word.Hierdie jaar val 5 Oktober ongelukkig op 'n Sondag en in die skoolvakansie. Die ATKV-onderwysafdeling het dit goedgedink om dié spe...
Lees meer
| Categories: ONDERWYS, ATKV-Onderwyskopskuif

Lentemense ondersteun met ontwikkeling

posted on
Leiers moet hoop verkondig en terselfdertyd ook uitdagings op so ’n wyse aanpak, dat dit ander kan oortuig dat daar hoop is. “Hoop is die gemene deler wat ryk en arm tot aksie kan laat oorgaan”, het Stellenbosch se uitvoerende burgemeester, Conrad Sidego, op Maandag 14 September gesê by ‘n ontbyt van die Universiteit van Stellenbosch se Frederik van Zyl-Slabbert Instituut vir Studenteleierskaps-ontwikkeling (FVZS) en die ATKV.Die FVZS het vanjaar by die Hoërskool Strand met ‘n loodsprojek b...
Lees meer
| Categories: ONDERWYS
Page 1 of 2 FirstPrevious [1]2 Last

SOEK

KATEGORIES

ARGIEF