Oor die projek

Maak nie saak in watter genre jy sing of skryf nie, of in watter styl of met watter aksent nie, ons wil dit hoor! Gospel, hip-hop, jazz, reggae, klassieke musiek, kontemporêr en pop – ATKV-Crescendo bied ’n platform vir alle voornemende liedjieskrywer-sangers om hul talente te slyp en hul drome uit te leef.

Die ATKV-Crescendospan se tasse is reeds gepak om deur Suid-Afrika te reis op soek na nuwe talent. In 2018 gaan daar onder meer besoek by Springbok, Piketberg, Clanwilliam en Beaufort-Wes afgelê word.

Die finaliste wat tydens die oudisies gekies word, kry die geleentheid om ’n mentorprogram van 1 tot 5 Julie by te woon. Hulle ontvang opleiding in groepe en individueel by van die land se voorste kunstenaars soos HemelBesem, Anna Davel, Bouwer Bosch, Neville D, Deon Meiring, YOMA en Melissa van der Spuy.

Finaliste sal van 25 tot 30 November ’n slypskool bywoon en voorberei vir  ATKV-Crescendo se opwindende bekendstellingskonsert op Saterdag 1 Desember by ATKV-Hartenbos. Die finaliste sal saam met gaskunstenaars soos HemelBesem, Neville D, Anna Davel en YOMA optree, met begeleiding deur die Crescendo-orkes. ATKV-Hartenbos bied spesiale pakkette aan vir diegene wat die hele naweek wil kom saamkuier, asook vir dagbesoekers waarby busvervoer vanaf sekere streke ingesluit is.

Kom neem deel

Kyk uit vir die volgende ATKV-Crescendo-oudisies in 2018:

–     29 en 31 Maart: In samewerking met Die Son by die KKNK in die Toekomsrus-gemeenskapsaal in Oudtshoorn

–     29 Maart: Expression Session in die Markteater, Doneraile Square, in George.

–     27 April: In Artscape tydens die Suidoosterfees in Kaapstad

–     19 April: Atlantis 

–    25 Mei: Sekondêre Skool Beaufort-Wes

Springbok, Piketberg, Clanwilliam, Kimberley en Gauteng word ook in 2018 vir oudisiegeleenthede besoek. Stuur ’n e-pos aan mornev@atkv.org.za vir meer besonderhede.

Kom kyk!

Moenie ATKV-Crescendo se TE HARD-vertonings in 2018 misloop nie! TE HARD is ’n musiekblyspel met Anna Davel as regisseur en Melissa van der Spuy as musikale regisseur. Die span toer deur die land met die beste finaliste wat in die laaste vier jaar ontdek is. Hierdie produksie bevat iets vir elkeen se smaak. Hilton Mandela, Whaden Johannes, Jodi Jantjies en Brizano Erasmus sal saam met HemelBesem, Neville D, Anna Davel, Deon Meiring, Danie du Toit, YOMA, DieHooflig en Oxygin optree. Die Crescendo-orkes onder leiding van William Jacobs doen verwerkings wat Afrikaans laat klink soos nog nooit tevore nie.

TE HARD is in die volgende plekke te sien:

–    7 April om 19:00 in die stadsteater in George.
–    29 April om 15:00 in die Artscape-teater tydens die Suidoosterfees in Kaapstad.
–    19 April in Atlantis.
–    19 Mei tree Anna Davel, Deon Meiring en YOMA saam met leerders van die Primêre Skool Fleurhof, Tumang Primary School en Itemogele Primary School op. 
–   20 April by die Sekondêre Skool Cedar in Mitchells Plein.
–   26 Mei by die Sekondêre Skool Beaufort-Wes in Beaufort-Wes.
–   20 Junie in Piketberg.
–   21 Junie in Clanwilliam.
–   22 Juniein  Springbok.

Vertonings vind ook plaas by die ATKV-oorde, in Kimberley en by die Roodepoort-teater in samewerking met Kofifi FM. 
 

Beleef die eindproduk

ATKV-Crescendo is nie ’n talentsoek-kompetisie nie, dit is ’n langpadstaptog saam met diegene wat honger na sukses.

Die dag toe Francis Brown haar oudisie vir die ATKV-Crescendo-kompetisie afgelê het, het haar papier gebewe van “wes na oos”. Maar die 63-jarige “doodgewone moedertjie” van Atlantis in die Wes-Kaap het haar slag gewys en spog nou met haar eie musiekvideo, “Bruin kind”. Lees meer hier.

Die Song wil my nie los nie is ’n ATKV-Crescendo-produksie wat jou hartsnare sal roer. Hierdie produksie vertel die stories van sewe finaliste van Crescendo 2015. Met teks en regie deur Hennie van Greunen word gehore landwyd meegevoer met stories wat jou saam sal laat huil en lag.

 

Nuus

Page 1 of 10 FirstPrevious [1]2345 Last

Dokumente

Galery