Oor die projek

lucas maree logo Die ATKV nooi aspirant-liedjieskrywers wat vanjaar in graad 11 of 12 is, om deel te neem aan die Lucas Maree-liedjiewerkswinkel van 25 tot 27 Mei 2018 by die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria.

Hierdie naweekwerkswinkel is ’n allesomvattende, praktiese kursus wat deur ’n uitgesoekte groepie kenners van die musiekbedryf aangebied word. Die werkswinkel sal jou met die regte kennis bemagtig om jou potensiaal as liedjieskrywer te ontwikkel. Die aanbieders is Hunter Kennedy (Die Heuwels Fantasties), Lize Beekman, Jannie du Toit, Anna Davel, Elvis Blue, Jaconell Mouton, Brandon October, Karin Hougaard, Nick Matzikis (Die Academy of Sound Engineering), Stephen Hollis (kopiereg-regskundige van Adams & Adams) asook Coenie de Villiers.

Dié opwindende geleentheid word moontlik gemaak deur die ATKV en die Atterbury Trust, met die ondersteuning van die Afrikaanse Hoër Seunskool.