NAELSTRING

Ken jy die gisters van die Kaap? Weet jy wie Krotoa was? Die ATKV het sedert 2014 verskeie naelstringlesings deur Dr. Willa Boezak aangebied. Nog lesings is op pad en die ATKV nooi almal wat geïnteresseerd in die Khoi-San-lesings is om te kom luister wat die geskiedenis ons vertel. Kom stap saam met ons die pad deur die eeue heen en kry ‘n blik op geskiedenis en mites en hul impak op die hede.Hierdie lesings handel oor die minder bekende geskiedenis van die Khoi-San en gebeurtenis gekoppel aan die geskiedenis. Dit is baie insiggewend en begin ʼn groter gehoor as tevore trek. Dr. Boezak doen verskeie temas uit sy boek, “So glo ons” en neem dan die gehoor op ʼn reis deur die geskiedenis met skuifies in ʼn voorlegging.