AARDKLOP

Die ATKV se feeste-strategie is gemik op boeke en leesbevordering, en die ondersteuning van gehalte produksies en die bekroning van uitsonderlike talent. Die ATKV het ‘n boekwinkel by al die nasionale kunstefeeste. Die ATKV-Boekwinkel verkoop ‘n verskeidenheid boeke van alle uitgewers, en fokus veral op die skrywersprogram se titels by ‘n spesifieke fees. Ons boekwinkel het gewoonlik ‘n gepaardgaande gespreksvenue vir boek- en diskoersgesprekke en ‘n koffiewinkel waar boekliefhebbers kan saamkuier.

Datums vir 2017:

2 Oktober tot 7 Oktober: Visuele kunsteprogram

3 Oktober tot 8 Oktober: Produksies

3 Oktober tot 7 Oktober: Kuns- en Kosmark

Besoek die webwerf vir meer inligting.