OOR DIE PROJEK

Die ATKV se feeste-strategie is gemik op boeke en leesbevordering, en die ondersteuning van gehalte produksies en die bekroning van uitsonderlike talent. Die ATKV het 'n boekwinkel by al die nasionale kunstefeeste. Die ATKV-Boekwinkel verkoop 'n verskeidenheid boeke van alle uitgewers, en fokus veral op die skrywersprogram se titels by 'n spesifieke fees. Ons boekwinkel het gewoonlik 'n gepaardgaande gespreksvenue vir boek- en diskoersgesprekke en 'n koffiewinkel waar boekliefhebbers kan saamkuier.

Besoek Innibos se webwerf vir meer inligting.

Klik hier vir nog foto's van die ATKV se kuiertjie by die 2017 Innibos-kunstefees.