OOR DIE PROJEK

Die ATKV se feeste-strategie is gemik op boeke en leesbevordering, en die ondersteuning van gehalte produksies en die bekroning van uitsonderlike talent. Die ATKV het 'n boekwinkel by al die nasionale kunstefeeste. Die ATKV-Boekwinkel verkoop 'n verskeidenheid boeke van alle uitgewers, en fokus veral op die skrywersprogram se titels by 'n spesifieke fees. Ons boekwinkel het gewoonlik 'n gepaardgaande gespreksvenue vir boek- en diskoersgesprekke en 'n koffiewinkel waar boekliefhebbers kan saamkuier.

Die KKNK vind van Saterdag, 8 tot Saterdag, 15 April 2017 vir die 23ste keer op Oudtshoorn plaas. Die datums val binne die nasionale skoolvakansie en die fees eindig oor Paasnaweek.

Vir die volledige program kilk hier

Nuus

  • Beleef uitmuntende kunste by 23ste KKNK

Galery