OOR DIE PROJEK

Alle gemeenskapskore in die Wes-Kaapstreek word genooi om deel te wees van hierdie unieke kompetisie. Hierdie projek voldoen aan die behoefte van amateurgemeenskapskore, wat die eintlike polsslag van tradisie en kultuur binne hul gemeenskappe bewaar, om nie net te kompeteer nie, maar ook om te ontwikkel en te groei.

Wie word bevoordeel?: Die kategorieë vir inskrywings getuig van die wye spektrum binne gemeenskappe wat bevoordeel word. Kategorie -Plaaskore. Plaaswerkers van wyd en syd betower gehore binne die stadsaal met hul ongelooflike musikale talent ... deur koorlede wat nie musieknotasie kan lees nie… Plaaswerkers sien hierdie jaarlikse korekompetisie as hul groot uitdaging om fondse in te samel deur die jaar en oefen hard om hul streek, hul dorp, hul plaas te verteenwoordig. Ons kategorie vir Gemengde kore getuig van kerkkore en jeugkore wat deur hul sang ’n boodskap oordra. So ook ons Sanggroepe waarvan sommige koorleiers hul eie musiek komponeer. Almal wat inskryf het een ding in gemeen… HULLE IS GEMEENSKAPSLEDE WAT NOOIT DIE GELEENTHEID VIR MUSIEKOPLEIDING EN MUSIKALE GROEI gegun is nie. Almal is amateurmusiekliefhebbers wat graag deur hul musiek ’n verskil kan maak en hul kultuur en tradisies deur musiek deur generasies kan bewaar!

Hierdie projek bied binne een jaar die geleentheid aan ongeveer 45-65 kore met 810-1150 koorlede die geleentheid om gratis koorafrigtingslypskole by te woon, aangebied deur professionele musiek- en koorkenners. Hierdie 810-1150 koorlede kry dan die geleentheid om te kompeteer in die Kaapse Stadsaal by die kulturele hoogtepunt van die Kaap, Die Suidoosterfees, waartydens hul vervoertoelae, verversings en prysgelde van R2 000 per kategorie ontvang.

Klik hier om die inskrywingsvorm vir 2017 af te laai.

Vir meer inligting kontak vir Rene Arendse by 084 769 7987 of stuur vir haar ’n e-pos.

Nuus

Page 1 of 378 FirstPrevious [1]2345 Last

Galery