OOR DIE PROJEK

DOEL VAN DIE KOMPETISIE

Die primêre doel van die Animato-koorkompetisie is die bevordering en die genot van koorsang onder streekskore.

WIE'S WIE VAN KORE IN SUID-AFRIKA

Algemeen

U word uitgenooi om aan te sluit by die Wie’s Wie van Kore in Suid-Afrika.

Ons webtuiste is EMA – Enhancing Music in Africa [www.enhancingmusic.co.za]

Koortipes

Indien u die dirigent van een of meer kore is, word u versoek om ‘n inligtingsvorm per koor te voltooi (Sien Bladsy 2).

Lees die volle dokument hier!

KOORLEIERWERKSWINKELS

Die ATKV bied koorleierwerkswinkels regoor die land aan.
 
Wie moet die werkswinkel bywoon?
Koorleiers van skoolkore, kerkkore, volwasse kore, jeugkore, plaaskore, met ander woorde - alle koorleiers is welkom!  Opgelei of nie, die aanbieders is gerat om enigeen te kan help en elke kursusganger sal by die werkswinkels baat vind.
 
Wat sê koorleiers wat die kursus al bygewoon het?
 
“Ek is weer lus vir my koor.  Het baie nuwe idees gekry.  My moed is gelig.”
 
“Die magdom nuwe kennis – bekende konsepte op ‘n nuwe, verligte manier.  'n Baie verrykende inspirerende kursus.”
 
“Wisselwerking tussen aanbieder en kursusganger.  Briljante aanbieders. In die kol met onderwerpe.”
 
“Die positiewe energieke aanbieding, die samehorigheid, die rustige gemoedelikheid en die goeie keuse van kursusmateriaal.”
 
Watter onderwerpe word hanteer?
Tydens die werkswinkels sal die volgende aspekte van koorafrigting onder
andere behandel word: oudisiesstembouintonasie en akoestiek, die kies van 'n repertoriumdirigeertegniek, verhoogetiket, ens.

ANIMATO 2017: VOORGESKREWE WERKE

Die voorgeskrewe werke vir die Animato-koorkompetisie is nou beskikbaar. Klik hier om dit af te laai. 

Nuus

Page 1 of 5 FirstPrevious [1]2345 Last

Dokumente

Galery

Kore skitter by ATKV-Animato 2017

Kore skitter by ATKV-Animato 2017

Van Suid-Afrika se beste streekskore het die naweek sake uitgespook in die tiende ATKV-Animato-finaal. Waldo Swiegers was daar om die feestelikhede vas te vang.

Kore skitter by ATKV-Animato 2017
2017/10/03 07:57:04 VM.
Animato 2016: Streekskore wys hul slag

Animato 2016: Streekskore wys hul slag

Streekskore van regoor die land het aan die finaal van die Animato-koorkompetisie by die Hugo Lambrecht-ouditorium in Parow, Kaapstad deelgeneem.

Animato 2016: Streekskore wys hul slag
2016/10/11 01:07:59 NM.
Animato Acapellafinaal 2015

Animato Acapellafinaal 2015

Animato Acapellafinaal 2015
2016/03/31 10:46:26 VM.
Animato 2015

Animato 2015

Animato 2015
2016/03/30 02:21:27 NM.