OOR DIE PROJEK

Die HAT sê applous beteken: "'n toejuiging veral deur handgeklap". Dit verwys natuurlik ook na die gevoel wat hier in jou binneste opwel wanneer jy saamsing in 'n koor of na een luister.  Dis wanneer 'n noot verander in 'n harmonie wat deur baie stemme gesing word dat jy voel dis hemel op aarde.

Wees deel van die baie stemme wat die harmonie van ATKV-Applous sing. Die nasionale kompetisie is oop vir laerskool- en hoërskoolkore.

Die primêre doelstelling van ATKV-Applous is die bevordering van die Afrikaanse lied en jeugkoorsang. Die doel is dus om deur koorsang die Afrikaanse lied asook die genot van koorsang te bevorder.

ATKV-Applous bestaan uit die volgende afdelings:

HOËRSKOLE:     
*Meer Ervare

  • Gemeng
  • Meisies
  • Seuns

*Afrikaans

  • Gemeng
  • Meisies
  • Seuns

*Nie-Afrikaansmoedertaalsprekende Hoërskoolkore:

  • Gemeng
  • Meisies
  • Seuns

LAERSKOLE:

  • Meer Ervare
  • Afrikaans
  • Nie-Afrikaansmoedertaalsprekende
  • Junior Kore
  • Junior nie-Afrikaansmoedertaalsprekende
WIE'S WIE VAN KORE IN SUID-AFRIKA

Algemeen

U word uitgenooi om aan te sluit by die Wie’s Wie van Kore in Suid-Afrika.

Ons webtuiste is EMA – Enhancing Music in Africa [www.enhancingmusic.co.za]

Koortipes

Indien u die dirigent van een of meer kore is, word u versoek om ‘n inligtingsvorm per koor te voltooi (Sien Bladsy 2).

Lees die volledige dokument hier

STREEKFEESROOSTER VIR 2017

STREEKFEESTE: MEI 2017 

9: POLOKWANE
10: GEORGE
11: UITENHAGE
12: OOS-LONDEN
16: POTCHEFSTROOM
17: RUSTENBURG en RANDBURG
18: PRETORIA
19: PRETORIA
20: PRETORIA
22: NEWCASTLE
23: PIETERMARITZBURG
24: WES-KAAP
25: WES-KAAP
26: WES-KAAP
29: BLOEMFONTEIN
30: KIMBERLEY
31: MIDDELBURG EN UPINGTON

STREEKFEESTE: JUNIE 2017 

1 JUNIE: SPRINGBOK en NELSPRUIT
3 JUNIE: SWAKOPMUND

NOTEBASH-OEFENOPNAMES

Nuus

  • Applous 2016: 10 top- junior kore aangewys
  • Applous: Bestel DVD's hier
Page 1 of 7 FirstPrevious [1]2345 Last

Galery

Dokumente