OOR DIE PROJEK

Doel van die projek

Om ’n liefde vir Afrikaanse toneelspel en –kyk by hoërskoolleerders te kweek sodat leerders hulle eie kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel.

Uitlewing van Tienertoneel se droom

Met ATKV-Tienertoneel word elke regisseur aangemoedig om die leerders soveel geleenthede as moontlik te gee om by al die aspekte van die projek betrokke te raak, met ander woorde by die regie, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie, ensovoorts.

TIENERTONEEL 2016: UITSLAE

’n Skrale 0,23% was die verskil tussen die wenner en die naaswenner van die 52ste ATKV-Tienertoneelkompetisie wat verlede week tydens Aardklop op Potchefstroom beslis is.

Die Hoërskool Durbanville is as die nasionale wenner aangewys met die produksie FRAGMENT. Die regisseurs, Jan Burger en Amelia van Wyk, is boonop aangewys as die beste regisseurs, Ruan Potgieter as die beste beligtingsoperateur en FRAGMENT het ook die toekenning ontvang vir beste ensemblewerk. Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol is Cailin Aylward wat die rol van Karla du Preez vertolk het.  

Dié toneelgroep ontvang R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee. 

Vir meer oor die uitslae klik hier.

 

TIENERTONEEL 2017: DATUMS

Tienertoneel, die ATKV se oudste projek, word vanjaar vir die 53ste keer aangebied.  Bespreek NOU jou skool se plek by ’n streeksfees en wees deel van dié jaar se Tienertoneelaksie!

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 19 Mei 2017.

Vir al die datums en belangrike inligting oor Tienertoneel 2017 laai die dokumente hieronder af.

BESTEL DVD's

Daar is DVD’s beskikbaar van die afgelope ses jaar se finale – die ATKV-Tienertoneelfinaal 2011, 2012, 2013, 2014, 2015 en 2016 – teen R120 ’n DVD.

Laai die bestelvorm hier af.  
 

ATKV-TIENERTONEELVIDEO'S

 

 

Nuus

Page 1 of 5 FirstPrevious [1]2345 Last

Dokumente

Galery